Irakse magte bestorm Mosoel-lughawe
Die stryd om Irak se tweede grootste stad van IS-militante te verower, het gister 'n nuwe fase betree.
Amerikaans-gesteunde Irakse veiligheidsmagte is besig om hul aanslag op die westelike deel van Mosoel wat onder beheer van die Islamitiese Staat-groep (IS) is, te verskerp en het gister die lughawe en nabygeleë militêre basis bestorm.
Troepe van die teenterroriste-eenheid en elite magte het vroegoggend met die offensief begin, het ‘n woordvoerder, Sabah al-Numan, gesê.
Nadat die militante verlede maand uit die ooste van Mosoel verdryf is, was dit die Irakse magte se oogmerk om die lughawe te verower en hul aanslag op die weste van Irak se tweede grootste stad van daar af van stapel te stuur.
Die lughawe en militêre kompleks, wat barakke en opleidingsterreine insluit en na aan die Bagdad-Mosoel-hoofpad geleë is, is in Junie 2014 deur IS ingeneem.
Die verlies van Mosoel kan die einde van IS se selfverklaarde kalifaat beteken, wat groot gebiede van Irak en Sirië beslaan.
Die mag wat veg om Mosoel te herower, bestaan uit 100 000 soldate van Irak, Koerdiese vegters en Sjiitiese milisies. Die magte het sedert die begin van die jaar vinnige vordering gemaak vanweë nuwe taktieke en verbeterde samewerking, het militêre woordvoerders gesê. -Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie