Inwoners van sinkhuise kry steenhuise
Inwoners van sinkhuise kry steenhuise

Inwoners van sinkhuise kry steenhuise

Die eerste fase van Oshakati se Saambouprojek skop teen die einde van Oktober af, sodat die begunstigdes in twee rondes hiervoor kan aansoek doen.
Henriette Lamprecht
Tuyeimo Haidula

Sowat 150 mense wat in sinkhuise op Oshakati woon, sal van die eerste begunstigdes wees wat die geleentheid gebied sal word om dit vir baksteenhuise te verruil.

Dit volg nadat die Oshakati-dorpsraad verlede maand besluit het om sy Saambouprojek te laat herleef. Die eerste fase skop teen die einde van Oktober af, sodat die begunstigdes in twee rondes hiervoor kan aansoek doen.

Die dorpsraad se woordvoerder, me. Katarina Kamari, sê die raad het N$12 miljoen vir die vyfjaarprojek begroot wat in 2025 ten einde loop. Kamari sê die raad het besef hulle moet hul fokus verskuif na inwoners wat in sinkhuise woon en hulle die geleentheid bied om huiseienaars te word.

“Daar is steeds ’n behoefte aan behuising en ons is bly ons is in staat om hierdie huise vir ons inwoners te kan bou,” het sy gesê.

Sy sê die bou van die 150 huise onder die vaandel van die Saambouprojek is in lyn met die regering se nasionale doelwitte van bekostigbare behuising vir almal.

“Behuising bly ’n gekompliseerde kwessie in uitdagende tye. Daar is druk op stedelike ruimte met die voortgesette stedelike immigrasie van ons mense. Daar is ook die faktore van beskikbaarheid van grond en die bekostigbaarheid van behuising,” het Kamari gesê.

Die projek sal N$80 000 aan elke begunstigde bied wat oor ’n tydperk van 20 jaar afbetaalbaar is om die raad in staat te stel om dieselfde geleentheid aan ander te bied.

Om as ’n begunstigde te kwalifiseer, moet die persoon 21 en ouer wees en N$1 000 tot N$6 000 per maand verdien. Kamari sê die aansoeker moet op ’n erf in ’n afgebakende gebied woon wat gediens is en die aansoeker moet ’n titelakte van die dorpsraad ontvang het.

Behuising het ’n dringende prioriteit in Oshana geword, met die streek se goewerneur, mnr. Elia Irima, wat sê die streek ervaar ’n demografiese verskuiwing in sy bevolking. Laasgenoemde verwys na ekonomiese omstandighede, met duisende mense wat na stedelike gebiede vir beter lewensomstandighede beweeg.

Die Oshakati-dorspraad het verlede maand sy besluit aangekondig om inwoners in informele nedersettings toe te laat om grond by die raad teen N$30 per vierkante meter aan te koop. Ander landelike grond op die dorp is N$80 per vierkante meter.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!