Inwoners kla oor Hardap-water
Inwoners kla oor Hardap-water

Inwoners kla oor Hardap-water

Vrae word gevra oor of water nie liewer uit die Nautedam vrygelaat moet word vir die konstruksie van die Neckartaldam nie.
Tanja Bause
Water wat uit die Hardapdam gelaat word vir die voortgesette konstruksie van die Neckartaldam, is 'n vermorsing, sê beswaarde inwoners van die streek.

Sowat 2 000 kubieke meter water is Maandag weer deur NamWater uit die Hardapdam gelaat. Dit volg ná onderhandelinge met die ministerie van landbou, water en bosbou en die Hardap-streeksraad.

Volgens NamWater is die Hardapdam tans minder as 60% vol en is dit voldoende om met die konstruksie van die Neckartaldam te help sonder om 'n verlies aan besproeiingswater vir huidige kliënte te veroorsaak.

Volgens mnr. Sidney Windstaan, 'n inwoner van Mariental, is dit egter 'n vermorsing.

“Dit is baie warm in die Suide, wat groter verdamping veroorsaak," het Windstaan gesê.

Volgens hom het die water wat Maandag uit die Hardapdam gelaat is, nie eers Gibeon bereik nie. Gibeon is sowat 93 km suid van Mariental geleë, terwyl die Neckartaldam nog sowat 272 km van Gibeon af geleë is.

Nog ’n inwoner, wat verkies om anoniem te bly, sê dit sal die Hardapdam se volume net verminder.

“Hoekom kan die water van die Nautedam, wat nader aan die Neckartaldam geleë is, nie gebruik word nie? Kan die water nie met tenkwaens aangery word nie?”

Volgens me. Esmé Sophia Isaak, goewerneur van die Hardapstreek, is dit die derde keer wat water uit die dam gelaat word. Die eerste keer was vroeg in Augustus en toe weer verlede maand.

“Hierdie goed word nie net oornag gedoen nie. Ons volg die regte prosedures,” het sy gesê.

Volgens Isaak is daar nie 'n waterpyplyn van die Nautedam af na die Neckartaldam nie. Om water uit die Hardapdam te laat, is dus as 'n goedkoper opsie beskou.

“Die opsie om water uit die Nautedam met tenkwaens na die Neckartaldam te vervoer, is wel genoem. Dit is egter te duur en sal die regering N$50 miljoen per maand kos,” het Isaak gesê.

Volgens haar het die relevante owerhede ingestem dat 50 miljoen kubieke meter water kan uitgelaat word.

Mnr. Johannes Shigweda, woordvoerder van NamWater, sê slegs 3% van die totale inhoud van die dam word uitgelaat. Volgens hom is die dam tans 59,8% vol.

“Ons laat die water in sarsies uit. Sodra die water wat ons Maandag uitgelaat het die Neckartaldam binne sowat 14 dae bereik, sal ons weer water uitlaat,” het hy gesê.

Die Neckartaldam word gebou om besproeiing aan 5 000 hektaar se plase te kan lewer. Dit sal na verwagting in Maart 2018 voltooi wees.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.02/OZ UP +0.79% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 899.07/OZ UP +0.47% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.02/OZ UP +0.79% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 899.07/OZ UP +0.47%