Invalshoek - Versteurde voedselketting
Invalshoek - Versteurde voedselketting

Invalshoek - Versteurde voedselketting

Rudi Koekemoer
Rudi Koekemoer - In die wetenskappe leer ons die natuur bestaan uit menigte voedselkettings. Indien ‘n bepaalde voedselketting versteur word, veroorsaak dit ‘n wanbalans.

‘n Eenvoudige voorbeeld behels sprinkane, wat groen gras eet wat voedingswaarde deur fotosintese verkry het. Paddas eet die sprinkane, wat op hul beurt deur slange geëet word en wat op hul beurt deur valke geëet word. Indien daar nie paddas is om die sprinkane te eet nie, sal die sprinkane oorneem en al die gras vernietig wat voedsel aan diere in ‘n ander voedselketting verskaf.

Wanneer een skakel in die ketting versteur word, het dit ‘n impak op die res van hierdie, asook verwante voedselkettings.

Daar bestaan ook ekonomiese voedselkettings.

Dit is algemeen bekend dat die konstruksiebedryf tans ‘n droogte beleef en dat verskeie ondernemings reeds hulle deure gesluit het en baie mense afgelê het. Daagliks word verneem van ondernemings wat op die drumpel van bankrotskap staan en mense wat hul werk gaan verloor.

Ek het verlede week tydens ‘n informele gesprek bewus geword van ‘n vriend wat sy werk by ‘n bekende argitekfirma verloor het weens ‘n drastiese afname in omset. Ons ê maklik die konstruksiebedryf is op sy knieë, sonder om die werklike impak te besef.

Die konstruksiebedryf is ‘n belangrike voedselketting in ons ekonomie. ‘n Entrepreneur koop ‘n erf met die visie om dit te ontwikkel. Die erf moet geregistreer word; ‘n proses wat prokureurs hanteer. Nadat die prokureur se werk suksesvol afgehandel is, gaan klop die entrepreneur by ‘n argitek aan om planne te teken en stelselmatig neem ‘n visie vorm aan. Nadat die planne opgetrek en goedgekeur is, word ‘n kontrakteur aangestel om die projek te bestuur. Die boukontrakteur stel messelaars, skrynwerkers, loodgieters, elektrisiëns, ingenieurs en ander vakmanne aan om die projek in verskeie fases af te handel.

Die kontrakteur koop voorraad by plaaslike handelaars aan. Hierdie handelaars is afhanklik van verskaffers wat byvoorbeeld boustene vervaardig, asook sand, gruis en sement voorsien. Dit is maar net van die baie benodigdhede in die bedryf.

Buiten vir die basiese struktuur is daar ook 'n estetiese element. Vloerteëls, krane, baddens, toilette, kaste en dies meer moet aangeskaf word.

Die inkrimping in konstruksiebedrywighede laat verskeie prokureurs met hul hande in hul hare, want die registrasie van erwe en huise het ‘n groot deel van hulle inkomste uitgemaak. Argitekte kry minder versoeke om planne te teken en moet gevolglik kostes sny. Boukontrakteurs kry minder werk, wat beteken gewone werkers - wat reeds van die hand na die mond leef, kan nie in hul eie en hul gesinne se basiese behoeftes voorsien nie.

Vakmanne probeer ‘n bestaan maak deur bestaande kliënte se diens, maar die meeste huiseienaars sien deesdae self om na basiese herstelwerk omdat geld maar skaars is. Die impak word deur alle vervaardigers en handelaars ervaar.

Die wanbalans in hierdie ekonomiese voedselketting beteken werkloosheid en skuld neem toe. Mense wat hul werk verloor het, moet stelselmatig ontslae raak van bates om kapitaal in die hande te kry om in basiese behoeftes te voorsien. Sommige moet selfs die pensioen wat hulle al vir jare bymekaarmaak begin gebruik - wat bekommernisse skep vir die aftreejare.

Hierdie wanbalans moet deur elkeen bestuur word sodat ons die ekonomiese storm kan oorleef. Ons moet soos ons oupas en oumas, wat destyds dit nie te breed gehad het nie, weer die waarde van die klein goedjies in die lewe besef en wegdoen met uitspattigheid. Ons sal weer ‘n spaarrekening moet oopmaak vir die dag van môre en ons sente versigtig omdraai. Ons moet vir ons kinders die waarde van geld leer en waar dit vandaan kom. Ons sal mekaar moet ondersteun.

Dalk vind ons mekaar weer op soek na hierdie balans. . .

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.23/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.23/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035