Invalshoek - Tyd is geld . . . of is dit?

04 February 2019 | Rubrieke
Rudi Koekemoer - In die huidige ekonomiese klimaat is dit belangrik vir enige sakeonderneming om seker te maak dat noukeurig aantekeninge gemaak word van alle werk wat vir kliënte gedoen word sodat fakture op die regte tyd uitgestuur kan word.

Daar moet seker gemaak word dat professionele ure gewerk, akkuraat op die faktuur aangedui word, want tyd is geld, en elke sent dra by tot broodnodige kontantvloei.

Groter ondernemings, wat oor ‘n groot werksmag beskik, kan maklik nalaat om vir kleiner dienste ‘n rekening aan te slaan weens gebrekkige interne kommunikasie, maar dit kan die onderneming duur te staan kom.

Om hierdie rede het ek die gewoonte aangeleer om na elke "werkie", maak nie saak hoe klein dit was nie, ‘n faktuur op te stel en na die bepaalde kliënt te stuur. Die normale krediteure opvolgproses volg daarna om seker te maak die rekening word binne dertig dae betaal. Ek kan dus elke maand, soos die meeste effektiewe ondernemings, my uitsette presies kwantifiseer.

Die afgelope twee maande het dit maar broekskeur gegaan om die maandelikse begroting te laat klop, maar ons kon die knoop deurhaak, met genade van Bo.

Ek het verlede week die goeie nuus aan Lientjie oorgedra, waarna ons met dankbaarheid in stilte verder ontbyt geëet het. Nadat ek my tweede koppie koffie geskink het, het ek selfvoldaan vertel van die hoeveelheid ure wat ek die afgelope maand gewerk het en die impak wat dit op die begroting gehad het.

Sy het na ‘n tydjie stip na my gekyk en ek het sommer geweet: hier kom ‘n ding.

Haar betoog het my met baie stof tot nadenke gelaat.

“Jy weet, nie alle insette is altyd kwantifiseerbaar nie. Mans kom saans tuis, skop hulle skoene uit, skink ‘n koppie boeretroos en gaan sit tevrede op ‘n gemakstoel, want hulle het vandag geld verdien. Maar wat van vrouens wat deur die dag na die kinders en huishoudelike dinge omsien? Daar word kos ingekoop, na die wasgoed omgesien, die kinders moet skool toe en daarna na verskeie aktiwiteite in die middag geneem word, dan moet daar gekook word om die monde te voed . . .

"Ons kry nie ‘n sent vir al hierdie daaglikse ‘professionele dienste’ nie en meestal kry ons nie eens ‘n ‘dankie’ hiervoor nie. Dit is maklik om tevrede tuis te kom, want jy kan presies bepaal wat die waarde van jou werk vandag was, maar dit is nie noodwendig dieselfde vir alle roepings nie.”

Daarna het ‘n interessante gesprek gevolg oor mense wat uit passie vir ‘n bepaalde doel, vrywillig gratis professionele dienste lewer, soos Doctors Without Borders, Habitat for Humanity of sendelinge, om maar ‘n paar voorbeelde te noem. Daar is ook verskeie professionele mense wat hulle tyd afstaan in diens van nie-winsgewende organisasies. Die waarde van hulle passie, energie en uitsette kan nie in finansiële terme gemeet word nie.

Om kos op die tafel te sit, is wel belangrik en dit is inderdaad minstens een van die lewensmaats se plig. Maar ons moet besef nie alle harde en goeie werk kan in harde kontant gemeet word nie. In baie gevalle word dit gemeet in terme van liefde en of ek iemand se lewe vandag verbeter het. Al is dit net deur vir iemand ‘n klip uit die pad te rol.

Dit is belangrik om na die kontantvloei om te sien, maar dit is ewe belangrik om kwaliteit diens met passie te lewer sonder om elke oomblik te probeer kwantifiseer en om mekaar die erkenning te gee vir al die harde werk wat die ratte in die samelewing laat draai - sonder finansiële vergoeding.

Kom ons sê vandag vir ons ouers, lewensmaats en vriende dankie vir alles wat hulle vir ons doen, want sonder hulle beteken geld maar weinig. Somtyds is tyd nie geld nie, maar liefde.

Soortgelyk

 

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

11 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

11 ure gelede | Tuisblad

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob open Woensdag om 14:30 die Nasionale Vergadering se verrigtinge vir die jaar. Dit sal die negende sitting van die sesde parlement inlui.Die...

Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder

1 dag gelede | Onderwys

Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se registrasiefooie is met N$2 000 van N$4 200 tot N$2 200 verminder. Dit volg nadat ouers en...

Man sterf in ongeluk naby Rehoboth

1 dag gelede | Ongelukke

‘n Man is Woensdag op slag dood nadat die voertuig waarin hy op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie se...

Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees

1 dag gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê...

Groter stoom vir TransNamib

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting...

NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word. Volgens die fonds het die verwerking...

Weer, Vrydag 8 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonning en bloedig warm in die verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot wydverspreide donderbuie.KUS:...