Invalshoek - Trots Namibies

05 March 2018 | Rubrieke
Die kaptein kondig aan die vlug gaan binnekort vertrek, waarna die kajuitpersoneel hulle normale passies oor veiligheid uitvoer.

Ek trek my veiligheidsgordel vas met die hoop dat ek nie die suurstofmasker oor my mond sal hoef te trek of onder my sitplek vir 'n reddingsbaadjie sal hoef te soek gedurende enige fase van dié binnelandse vlug nie. Die adrenalien klop in my keel soos die enjins maksimum revolusies behaal en die vliegtuig soos 'n Cape Canaveral-pendeltuig wegtrek.

Ek blaai oënskynlik nonchalant deur die Flamingo, want ek is mos 'n gereelde reisiger. Ek sien 'n man so 'n paar sitplekke van my af wat sy oë eers styf toegeknyp het. Toe het sy vingers na 'n bruin sakkie begin tas.

Op daardie stadium besef ek ons beleef redelike turbulensie en bid stilletjies dat ek nie ook 'n bruin ­sakkie sal nodig kry nie.

Na 'n paar maagdraai-oomblikke het die wolke soos mis voor die son verdwyn. Die vliegtuig het gestabiliseer en die sitplekgordelliggies is afgeskakel.

Ek kyk deur my kajuitvenster en verwonder my aan ons land se pragtige kontraste. Die kontoere van die land skep 'n anderwêreldse toneel met alle skakerings van groen en bruin.

Ek sien kameeldoringbome op golwende heuwels en riviere van hoop wat aan die horison raak. Die goue savannavelde dans oor die vlaktes met wilde diere wat tevrede op Gondwana-vlaktes wei.

Die landskap verander na poeierwit en ek is seker daar is 'n trop olifante wat trompetter van geluk by 'n vol watergat. Ek sien verskeie unieke oorde wat saamsmelt met die omgewing en wink vir 'n besoek.

My verwondering word onderbreek deur 'n vriendelike lugwaardin wat vir my 'n middagete-keuse aanbied, asook ietsie om te drink. Ek besef die Boeing is reeds oor en vra vir 'n klein botteltjie rooiwyn om die oomblik sommer meer spesiaal te maak.

Groot was my verbasing toe ek my gunsteling Merlot van 'n Stellenbosch-wingerd aangebied word. Ongelukkig was dit nie 'n produk van 'n Namibiese wingerd nie, maar ek is seker Neuras, Erongo Mountain Winery of Kristall Kellerei gaan binnekort op elke Namibiër se tong wees.

Namibië het sekerlik die mooiste natuurskoon in die wêreld (gesien deur my patriotiese bril) en ons kultuurdiversiteit bied 'n unieke ervaring vir enige reisiger. Ons ervaar vrede en bied vir elke reisiger kaalvoetweelde onder 'n uitspansel van sterre wat tasbaar skitter.

Elke landsburger, ongeag van kultuur of herkoms, is 'n ambassadeur van Namibië, waar ons ook al gaan, en daarom het ons 'n verantwoordelikheid om van ons eie mense se produkte en dienste gebruik te maak. Ons moet ons kulturele diversiteit vier en dit tot voordeel van ons land inspan.

Kom ons ondersteun mekaar om al die uitdagings wat ons tans ervaar, saam aan te pak en volhoubare oplossings te vind.

Die vliegtuig se neus draai stadig huiswaarts en ek sit die Flamingo en bruin sakkie terug waar dit hoort.

Dit is darem net 'n spesiale ervaring om met Namibië se ambassadeur van die lugweë ons land en die wêreld te verken.

Soortgelyk

 

‘Burger in rou’ bepleit genesing

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Ronelle Rademeyer - ‘n Optog vind vanaand (Dinsdag) vanaf die Goethe Instituut se kultuursentrum na die Alte Feste-museum plaas waar ‘n gedramatiseerde visuele uitbeelding van...

Windhoek se waterverbruik bly té hoog

11 ure gelede | Omgewing

Windhoekers het die afgelope week 7% méér water gebruik as wat toelaatbaar tydens droogtetye is en kon weereens nie die vereiste teiken van 10% besparings...

Brexit: Uitstel bied uitvoerders blaaskans

21 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Die moontlike negatiewe impak wat ‘n haakplek in die onderhandelinge vir ‘n nuwe handelsooreenkoms met Brittanje op uitvoerders kon hê, is deur...

Erindi: Chinese het nié aanbod gemaak

21 ure gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Die eienaars van die Erindi Private Wildreservaat het nie ‘n koopaanbod van enige Chinese burgers ontvang nie. Mnr. Sisa Namandje, Erindi se...

Geen laatregistrasie vir nasionale eksamens

21 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Geen laatregistrasie sal ná spertye gedoen word vir deeltydse studente vir die Junior Sekondêre Sertifikaat (graad 10) of voltydse sowel as deeltydse...

Leeujagters geskiet

21 ure gelede | Omgewing

Ileni Nandjato – Die Namibiese polisie in die Oshanastreek het ‘n saak van poging tot moord geopen ná me. Amalia Sheya (51), ‘n werknemer van...

Weer vir 26 Maart

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die Suide en die Zambezistreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde donderbuie...

Kriminalisering van aborsie 'werk nie'

21 ure gelede | Regering

Henriette LamprechtDie hoë siekte- en sterftesyfer verwant aan onveilige, onwettige aborsies bewys die kriminalisering van aborsie keer onwettige aborsies nie werklik nie.“Hoewel dit wyd erken...

N$210 miljoen vir registrasiepersoneel

21 ure gelede | Regering

Denver KistingMnr. Theo Mujoro, die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se uitvoerende hoof, sê die N$67 miljoen wat aan hulle toegeken is, is nie voldoende om...