Invalshoek - Treine. . . Weer die toekoms
Invalshoek - Treine. . . Weer die toekoms

Invalshoek - Treine. . . Weer die toekoms

Rudi Koekemoer
Rudi Koekemoer - Die brandstofprys was die onderwerp van bespreking die afgelope week toe ek by my pa gaan inloer het.

Die gesprek het eers gefokus op moontlike redes vir die brandstofstygings, waarna ons gesels het oor die impak op daaglikse lewenskostes. Die wisselvalligheid van internasionale markte, politieke spanning in verskeie strategiese wêreldlande asook plaaslike onvolhoubare belastingheffings op brandstof het onder woorde gekom.

Ons land se paaie het geweldig gevaarlik geraak weens die swaar verkeer wat dit dra en die lewensverwagting van paaie neem drasties af gegewe die swaar lading. Die koste van brandstof gaan ‘n impak op die padvervoer van goedere asook mense hê, want voedselkostes en selfs huurmotorkostes gaan dramaties begin toeneem. Die enigste uitweg is om ekonomieë van skaal te ontsluit soos wat die res van die ontwikkelde wêreld reeds vir ‘n eeu doen. Dit is waar goedere- en passasierstreine ‘n groot geleentheid bied.

Ons het 'n tydjie terug binne twee ure met ‘n sneltrein wat teen 180 kilometer per uur beweeg vanaf Duitsland na Switserland gereis. Elke passasier het op gemakstoele gesit soos wat jy in ‘n vliegtuig of in ‘n weeldebus sal kry. ‘n Tradisionele kajuit was nie nodig nie omdat passasiers nie oorslaap tydens die rit soos in vergange se dae nie. Die kostes van die rit word deur tweehonderd passasiers gedeel en daarom is dit bekostigbaar vir almal.

Ons het vroeër hierdie jaar met Uber tussen twee stede in die VSA gereis en dit was besonders duur in vergelyking met ‘n passasierstrein. Europa is bekend vir hulle openbare vervoer en veral spoorvervoer.

Ná ‘n oomblik van stilte het my pa nostalgies die opmerking gemaak dat die spoorweë die beste opsie van vervoer in die ou dae was.

Hy onthou toe hy as 22-jarige man in die sestigerjare vanaf Keetmanshoop, via De Aar, na Kaapstad gereis het om vir sy oupa te gaan kuier. Jy het die opsie gehad om ‘n kompartement met nog ‘n persoon te deel of met vier ander passasiers.

Natuurlik was daar ‘n kosteverskil en daarom het hy maar verkies om met vier ander manne ‘n kompartement te deel. Hy het vertel dat die pakket op daardie stadium so goed ontwikkel was dat jy selfs ‘n keuse kon uitoefen om etes in die eetsalon te geniet. Jy kon kies tussen ontbyt, middagete en aandete. Hy het vertel hy het sommer ‘n boekie gekoop wat al die etes ingesluit het.

Jy kon selfs vir ‘n klein addisionele fooi beddegoed bespreek wat die kondukteur persoonlik kom afgee het saam met ‘n klein opgerolde matras. Vroegoggend het die kondukteur ‘n klok gelui wat die opsie van ‘n eerste koppie koffie aangekondig het. Die diens was voortreflik. . .

Die trein het eers eenuur die oggend vanaf Windhoek by die Keetmanshoopstasie ingetrek vanwaar dit gereis het tot by Seeheim vir die eerste stop, waar passasiers wat op die vissersbote in Lüderitz gewerk het aangesluit het vir die res van die tog na Kaapstad. Daar het drie Portugese vissermanne saam met my pa gereis, wat hy beskryf het as ‘n wonderlike ervaring.

Daar was nie televisie, telefone of selfs radio op die trein nie. Dit was net jy, jou gedagtes en die passasiers saam met jou en daarom was jy genoodsaak om hoflikheid aan die dag te lê en mense beter te leer ken. Hy het blywende vriendskappe gesmee met hierdie drie Portugese vissermanne.

Nadat ek vir ‘n halfuur na hierdie nostalgiese tog van my pa geluister het, het hy die vraag gestel: Hoekom kan TransNamib nie soos in toeka se dae, en soos tans in Europa die geval is, fokus op die vervoer van passasiers, goedere en diere en daardeur die lading op ons land se paaie en ons sakke verlig nie?

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36%