Invalshoek - Transformasie?

06 May 2019 | Rubrieke
Rudi Koekemoer - Dit is belangrik om gedurende die dag tyd te maak vir stiltetyd om perspektief te kry op die lewe en na te dink oor besluite en optrede.

Stiltetyd word gewoonlik geassosieer met ‘n geestelike ervaring, wat dit inderdaad moet wees. Hiermee bedoel ek nie noodwendig ‘n godsdienstige ervaring nie, want stiltetyd sal verskillende vorme aanneem vir mense.

Daar is min ervarings wat vir my só geestelik is as om vroegoggend, nog voor die son opgekom het, ‘n koppie moerkoffie te maak, my studeerkamer se deur oop te swaai, die venster oop te maak en agter my lessenaar in te skuif terwyl die vars seelug deur die venster vloei. Ek skakel dan my groen prokureursliggie aan en geniet my koffie terwyl ek bietjie leeswerk doen.

Satedagoggend het ek 'n artikel oor transformasie in sport raakgelees.

Ek het al baie nagedink oor die veranderende samelewing sedert Namibië se onafhanklikheidwording in 1990. Dié land is reeds vir byna dertig jaar onafhanklik en steeds word strategieë ontwikkel oor “transformasie”. Deesdae word die woord verpolitiseer binne sport en ander sosiale kontekste.

Ek is nie seker ons verstaan aldag wat “transformasie” beteken nie. Het dit dalk net deel van die daaglikse leksikon geword wanneer iemand iets polities wil regverdig?

Die leksikografiese betekenis van die woord is: “algehele verandering in (die samestelling van) iemand / iets; die oorbring in ‘n ander vorm; gedaanteverwisseling”. Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) gebruik die voorbeeld: “Onder haar leiding het die maatskappy ‘n hele gedaanteverwisseling beleef"; en “die transformasie van die staatsdiens om die samestelling van die land se bevolking beter te weerspieël.”

In literatuur oor sake-aangeleenthede het die transformasie van ‘n onderneming te make met die verandering van 'n sakemodel. Dan beweeg die onderneming in beginsel heeltemal weg van die produkte of dienste waarmee dit in die eerste plek tot stand gekom het, omdat dit nie meer winsgewend of lewensvatbaar is nie. Dit beteken dat die huidige kultuur, prosesse en produkte herskep moet word om die nuwe strategie te akkommodeer. 'n Algehele verandering in iets. Almal werk saam om die transformasieproses te bewerkstellig.

Die woord “transformasie” word in ‘n positiewe konteks gebruik. Die doel vir transformasie is om ‘n algehele positiewe verandering teweeg te bring sodat daarby baat gevind kan word. Dit beteken verder dat daar sisteem- en prosesveranderinge moet plaasvind om die transformasieproses te rugsteun en dan moet dit tot voordeel van die organisasie of persoon wees.

Indien ons transformasiestrategieë vir ‘n land of sportkode ontwikkel, ondersoek ons werklik wat die positiewe impak daarvan gaan wees en gee ons praktiese oplossings oor die sisteme en prosesse wat verander moet word om transformasie te ondersteun? Is dit werklik transformasie (“algehele verandering”) waarna ons streef of gedeeltelike verandering in die bestaande “manier van doen”?

Indien ons die stelling maak dat die land moet transformeer, wat sê ons vir mekaar? Moet ons die land se identiteit heeltemal verander, en indien wel, na wát? Is daar aspekte van ons land se geskiedenis en identiteit wat ons eerder wil behou, en nie wil verander nie?

Indien ons die stelling maak dat ‘n sportkode moet transformeer, beteken dit die sport moet heeltemal verander? Watter beginsels ondersteun die “algehele veranderingsproses” wat vir alle sportkodes moet geld? Jy kan byvoorbeeld nie die verwagting uitspreek dat rugby moet transformeer, maar dieselfde beginsel geld nie vir sokker nie. Die transformasiebeginsel moet dan geld vir alle sportkodes en dan moet almal saamwerk vir positiewe verandering. Daar kan nie net die wens uitgespreek word dat iets moet transformeer en dan word daar nie saamgewerk om die positiewe verandering teweeg te bring nie.

Werklike transformasie vind in elke individu se binnekamer plaas, tydens stiltetyd, wanneer eie ideologieë en optredes ondersoek word met die opregte besef dat ek eers myself moet verander voordat ek ander kan help transformeer.

Soortgelyk

 

Houtskoolbedryf sien enorme groei

1 dag gelede | Landbou

Elvira Hattingh op Otjiwarongo - Die Namibiese houtskoolbedryf het 'n "ontploffing in houtskoolproduksie" die afgelope jaar ervaar en 'n groei van 33% in een jaar...

Lodge, besigheid beroof – sewe vas

2 dae gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Sewe verdagtes was gister reeds agter tralies nadat hulle by twee verskillende inbrake in die Omahekestreek betrokke was. Een van die inbrake...

Tolpaaie dalk op pad

2 dae gelede | Vervoer

font face="Verdana" >Catherine Sasman - Die Padfondsadministrasie (RFA) beoog om die lewensvatbaarheid van tolpaaie in Namibië te ondersoek.Dít as ’n moontlike bykomende bron...

Grondwet praat jou taal

2 dae gelede | Howe

Denver Kisting – Dit is belangrik dat die oppergesag van die land, die Grondwet, toeganklik is vir Jan en San Alleman.Alle wette in Namibië is...

Agterstallige pos glo nie NamPost se skuld

2 dae gelede | Ministeries

Catherine Sasman – Volgens NamPost is die agterstand in die aflewering van pos en pakkies nie sy skuld nie, maar wel die Suid-Afrikaanse Internasionale possentrum...

Weer vir 9 Augustus

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide, maar baie tot bloedig warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle in...

Nou aan die gang

2 dae gelede | Kuns en vermaak

» Vanaand is die immergewilde Windhoek City Market weer in die hoofstad. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika se produkte. Dié mark...

Klei en keramiek by negende biënnale

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se 9de Keramiek Biënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied sal word. Die geleentheid is die...

N$150 miljoen vir landskapbestuur

2 dae gelede | Ministeries

Die ministerie van die omgewing en toerisme en die Nasionale Beplanningskommissie van Namibië het Woensdag ’n ooreenkoms met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) onderteken,...