Invalshoek - Namibsroos

03 September 2018 | Rubrieke
Rudi Koekemoer - Ons het verlede week weer bietjie dinkskrum gehou oor die afname in sakebedrywighede weens die huidige ekonomiese knyptang.

Gedurende die proses van strategiese beplanning waartydens ons kort, medium en langtermyn planne probeer uitwerk het, is die gebruiklike situasie-analise gedoen waarin ons ook die makro sosio-ekonomiese omstandighede geanaliseer het. Politieke stabiliteit en vrede is as die grootste positiewe faktor geïdentifiseer, terwyl die toename in regulerende wette, wat die gemak inhibeer om besigheid te doen, as die grootste negatiewe faktor beskou is.

Die ironie is dat regulering op die hoogste vlakke deur politici en leierskap geïnisieer word om moontlike korrupsie hok te slaan, terwyl grootskaalse korrupsie juis op daardie vlak plaasvind. Daar is bykans daagliks mediaberigte oor geld wat verduister of gesteel is deur leiers van staatsinstellings of direksielede wat omstrede besluite tot hul eie voordeel neem.

Die man op straat en klein sakepersoon probeer eerbaar handel dryf en betaal slaafs belasting aan die staatskas, wat op sy beurt staatsinstellings moet uithelp met honderde miljoene dollar weens wanbestuur. Dit is 'n bose kringloop, want die staat se inkomste neem af weens eerbare besighede wat hulle deure moet sluit omdat die ekonomie nie gestimuleer word nie en omdat staatsinstellings, wat veronderstel is om winsgewend te wees, nie dividende genereer nie.

Nou word daar na kreatiewe maniere gesoek om mense wat reeds oorbelas is, nog meer te belas.

Dit is eenvoudig nie volhoubaar nie, want die regering se fokus is net om kop bo water hou en die volgende verkiesing te wen terwyl kritieke, strategiese knelpunte agterweë gelaat word, soos om ekonomiese groei aan te moedig met beleggingsvriendelike wette wat dit makliker sal maak om handel te dryf.

Tans word oorweeg om ‘n hersiende wet te promulgeer wat geensins aantreklik vir beleggers is nie. Dit maak mos nie sin nie.

Aan die een hand is ons ekonomie besig om te kwyn, mense is werkloos en ly honger, maar aan die ander kant maak die leiers van die dag dit byna onmoontlik vir beleggers om nuwe besighede te begin of word kontroversiële beleidsuitsprake gemaak oor grondhervorming. Die nuwe Aankopewet maak dit moeilik vir die gewone man om aansoek vir tenders te doen, want dit verg baie administratiewe prosesse, selfs vir die kleinste tenderbedrag. Dit neem maande om tenders toe te ken en myns insiens is te veel mag aan die handjie vol mense gegee wat op tenderkomitees dien. Skep dit nie nuwe skuiwergate vir korrupsie nie?

Die brandstofprys word verhoog om regulerende instansies se begrotings te laat klop. Dit maak die voedselmandjie byna onbekostigbaar vir behoeftige segmente van ons samelewing, asook ons bejaardes.

Ons het besluit om eers die bene te strek om perspektief te probeer kry, want dalk is ons brille se lense bietjie dof. . .

Daar is geen illusies nie oor die feit dat ons saam pragmatiese oplossings sal moet vind om ons land se kritiese probleme aan te spreek. Ons moet die oorregulering van alle sektore heroorweeg, gegewe ons klein ekonomie, dit makliker maak om handel te dryf en daardeur werk te skep. Ons sal ernstig aandag aan bestuursvaardighede moet gee en sterk standpunt moet inneem teen instellings wat jaar na jaar ‘n las op die staatskas is. Ons moet waak teen korttermyn beleidsuitsprake wat internasionale beleggersvertroue skade berokken.

Daar is talle voorbeelde van ondeurdagte besluite wat al ekonomieë totaal vernietig het. Venezuela druk note met duisendvoudige denominasies waarmee mense net ‘n rol toiletpapier kan koop. Hulle geld het oornag niks werd geword.

Namibië was vir lank 'n skitterende ster. 'n Namibsroos gevorm in die holte van Gondwana.

Kom ons dink aan ons nageslagte se toekoms en neem langtermyn besluite waarvoor die Namibsroos nog vir lank bewonder sal word.

Soortgelyk

 

Polisie konfiskeer kerk se luidsprekers in Oshakati

23 ure gelede | Plaaslik

Die polisie het luidsprekers wat aan die New Jerusalem Ministry in Oshakati se informele nedersetting Oneshila behoort, vandeesweek ná klagtes van rusverstoring gekonfiskeer.Volgens inspekteur Thomas...

Olifante beskadig optiese kabels naby Khorixas

1 dag gelede | Plaaslik

‘n Trop olifante het inwoners in die Noorde van die land sonder landlyn- en selfoonverbinding gelaat, nadat die optiese kabel tussen Omatjete en Khorixas Donderdagmiddag...

Skietklub lê weer aan

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting - Mnr. Norman Tjombe, die regsverteenwoordiger van die Rehoboth-skietklub, het vanoggend (Vrydag) bevestig sake is terug na normaal.Dít kom nadat die Namibiese weermag...

'Boere se veglus verdwyn'

1 dag gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.“Ek was gister by ’n veiling...

Egpaar herontdek skaars plantjie

1 dag gelede | Omgewing

Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede...

Kalender 18 Januarie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se beeldende kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans...

'DRK maak staat op ons'

1 dag gelede | Politiek

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die...

Operasie Hornkranz: Meer misdaad aangemeld

1 dag gelede | Misdaad

Augetto Graig Die Namibiese polisie het Woensdag by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia terugvoering gegee aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die...

Weer vir 18 Januarie

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in...