Invalshoek - 'Lekker lewe' verg toewyding
Invalshoek - 'Lekker lewe' verg toewyding

Invalshoek - 'Lekker lewe' verg toewyding

Rudi Koekemoer
Rudi Koekemoer - Dit was heerlik om die afgelope week so bietjie die stewels uit te skop en onder die bed in te skuif.

Ons het sommer dou voor dag die duvet afgegooi, die gordyne oopgetrek, die eerste koppie koffie gebrou, terug gespring in die bed en daarna verwonderd na die miskombersie gekyk wat die kuslyn knus toevou. Ons het die dag se see-uitstappie saam met familie en vriende beplan wat visvang en potjiekos as hoofaktiwiteite ingesluit het.

Dit was ‘n utopiese uitstappie waar elkeen van hulle sorge vergeet het. Die manne het probeer om die galjoentjies aan wal te bring terwyl die dames – tone in die sand - geklets het oor Niel en Janie se troureëlings. Lientjie het 10:30 met die kerrieskenkelpotjie begin terwyl Derek om 11:30 met die hoenderpotjie begin het. So tussendeur het die manne eers op die kampstoele kom rus met ‘n “knertsie” in die hand. Die galjoentjies het seker maar bietjie ingelê vanoggend. . .

Terwyl ons so sit en kuier, besef ek hoe bevoorreg ons is om so lekker te kan lewe. Ons het ‘n inkomste te midde van baie moeilike ekonomiese omstandighede en kan sorgeloos kuier, sonder om bekommerd te wees oor wat die dag van môre inhou. Ek het vir ‘n oomblik diep weggesak in my stoel en stil-tevrede oor die see getuur. Ek was vir ‘n oomblik weggevoer na ‘n ander land. . .

En het begin dink oor die geheim van ‘n suksesvolle lewe.

Ek het onlangs by ‘n biokinetikus gaan aanklop om my te help om verskeie spiergroepe te versterk en om my te help om die onwelkome vetjies af te skud. Die eerste professionele raad wat gewoonlik gegee word, is dat die “kern” versterk moet word.

Al wat ek weet, is dat my “kern” redelik groot is en dat daar nog nooit ‘n sigbare “six-pack” was nie. Maar dit is nie te sê dat daar nie een diep binne die “kern” skuil nie.

In elk geval; dit is nie my punt nie. Ek het besef daar skuil diep wysheid in "toewyding tot ‘n oefenroetine".

Dink bietjie hieroor: indien ek vandag vir ‘n uur of twee hard oefen, sal ek aan die einde van die dag geen sigbare resultate sien nie, behalwe vir seer spiere. Indien ek vir ‘n week of twee hard oefen, mag ek dalk 'n bietjie gewig verloor, maar sal steeds nie ‘n noemenswaardige verskil sien nie. Dit is gewoonlik wanneer die meeste mense tou opgooi.

Maar indien ek uithou vir ‘n maand of twee en elke dag hard oefen, mag ek dalk begin om meer gedefinieerde spiere te sien, sal ek ferm word en gewig verloor. Na ‘n paar maande behoort ek vir die eerste keer die impak van my oefening te sien.

Dit sal ook nie help ek oefen vir ses ure op ‘n dag vir ‘n week, en verwag dan resultate nie. Nee, dit gaan juis oor die daaglikse gewoonte en die konsekwentheid van my oefening. Ek moet net elke dag vir ‘n uur doelgerig oefen en indien ek dan deursettingsvermoë oor ‘n lang periode toon, sal ek die resultate ervaar.

Dit is in die lewe presies dieselfde. Om sukses te ervaar en later “lekker" te lewe, gebeur nie in ‘n oomblik nie, behalwe nou as jy gelukkig is en die begunstigde tot ‘n ryk erfporsie is. Vir Jan Alleman verg dit harde werk, elke dag van jou lewe, oor ‘n lang periode totdat mens eendag die sukses kan ervaar.

Dit help nie om vir ‘n jaar of twee hard te werk en dan tou op te gooi omdat die inkomste maar aalmoese is nie. Dit gaan oor die konsekwentheid van die gewoonte. Om suksesvol in jou besigheid te wees, beteken dat jy elke dag die regte dinge moet doen oor ‘n lang periode om uiteindelik die sukses te ervaar.

My raad vir jong werkendes is dat wanneer julle na middeljarige mense kyk en alles sien wat hulle besit en hoe "lekker" hulle lewe, onthou dat julle ook oor 20 jaar lekker kan lewe indien julle elke dag hard werk en die regte kwaliteit uitsette lewer. Moenie ongeduldig wees en jouself met hulle vergelyk nie, want dit het hulle ‘n leeftyd van toewyding geneem om die vrugte van hulle handewerk te ervaar.

Die teenoorgestelde is ook waar. Indien jy verkies om nie konsekwent en geduldig hard te werk oor ‘n lang periode nie, kan jy ook nie verwag om eendag lekker te lewe nie. Dit is in jou hande. . .

Niel roep van die water se kant af. Daar vat die galjoentjie nou.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.97/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.13% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.36/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 938.95/OZ DOWN -0.0011 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.97/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.13% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.36/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 938.95/OZ DOWN -0.0011