Invalshoek - Gewoontes kan verander
Rudi Koekemoer - Ek het die afgelope jaar die teorieë oor menslike gewoontes en gedrag bestudeer, veral nadat ek die boeke van Charles Duhigg, The Power of Habit en Smarter, Faster, Better gelees het.
Die boeke is gebaseer op navorsing oor die brein en veral hoe die brein gewoontes en roetines kweek sodat dit nie so hard hoef te werk nie. Die navorsing is fassinerend en ek moedig mense aan om die boeke aan te skaf en self te lees. Of gaan kyk dit op YouTube.
Elke mens se lewe bestaan uit ‘n reeks daaglikse roetines.
Dink 'n bietjie aan jou roetine wanneer jy elke oggend opstaan tot jy werk toe gaan. Die meeste van ons doen presies dieselfde dinge sonder om dit eens te besef. Hierdie gewoontes kan soms goeie of slegte gewoontes wees.
Die goeie nuus is dat mens gewoontes kan verander, maar dan moet dit ‘n wilsbesluit wees. Aanvanklik sal dit baie energie en fokus verg, maar oor tyd sal dit ‘n gewoonte word en sal dit outomaties plaasvind.
Hierdie tegnieke wat in Charles Duhigg se boek beskryf word, word daagliks gebruik om mense wat verslaaf is aan verskeie middele en negatiewe gewoontes te help om hulle gewoontes positief te verander. Dit hoef natuurlik nie iets so dramaties soos verslawing te wees nie. Talle mense wat gesondheidsprobleme het, kan hulle leefstyl verander deur eetgewoontes te verander en nuwe oefen- en onstpanningsgewoontes te kweek. Sodra die gewoonte vasgelê is in die brein, vind dit outomaties plaas en hoef jy nie meer so hard daaraan te werk nie.
Elkeen van ons het reeds vasgestelde gewoontes. Evalueer jou gewoontes.
Ek het my dag gewoonlik begin deur eers my kontaklense in te sit, die televisie aan te skakel en na Groot Ontbyt te kyk terwyl ek met my outomatiese skeermes die stoppels snoei. So tussen alles deur, maak ek vir my ‘n koppie Nespresso. Daarna sluit ek die studeerkamer oop en doen 'n bietjie skryfwerk en antwoord e-posse.
Twee maande gelede het die dokter my ingelig my cholesterolvlak is hopeloos te hoog is. Hy het gesê ek moet my eetgewoontes verander en meer oefen.
Dit het my die skrik op die lyf gejaag, maar ek het besluit om elke oggend ‘n paar kilometer saam met my vrou te gaan stap. Dit het beteken ek moes vroeër opstaan.
Die eerste week was ‘n nagmerrie om in die roetine te kom, maar na ‘n maand het dit so deel van my nuwe gewoontes geword dat ek sommer voor die wekker afgaan wakker geword het en uitgesien het na die stap. Ek kon my roetine in die oggend dus verander.
Ek het dieselfde met my eetgewoontes gedoen en het sommer ‘n hele paar kilogram afgeskud. Dit was nie maklik nie, maar ek was suksesvol.
'n Paar weke gelede het ek die voorreg gehad om ‘n vuurtjie in die middel van die woestyn aan te steek en ‘n tjoppie te braai. Hulle verwys mos na ‘n braaivleisvuurtjie as die Afrika-televisie. Mens kan vir ure daarin tuur en jy word meegevoer in 'n gedagtewêreld waarin nuwe planne beraam en probleme opgelos word.
Jy dink aan vriende, geliefdes en verlang selfs na mense wat jy nog nie ontmoet het nie. Dit gee 'n mens perspektief en bring jou in kontak met die skepping en Skeppershand.
Dit het my laat besef hoeveel ure ek voor die televisie, my rekenaar en slimfoon spandeer. Dit is waardevolle oomblikke wat gevul word deur die gedagtes van ander en waarin ek nie tyd maak om selfondersoek te doen nie.
Nou werk ek daaraan om ‘n nuwe gewoonte te kweek: om meer op die stoep te sit, na die natuur te kyk en om meer gereeld in die Afrika-televisie te tuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie