• Tuisblad
  • Menings
  • Invalshoek - Die 'shifting spanner' is 'n wonderlike ding

Invalshoek - Die 'shifting spanner' is 'n wonderlike ding

Rudi Koekemoer
Die meeste besighede is tans besig om prestasiebestuursprogramme te implimenteer om produktiwiteit te ontsluit asook om ontwikkelingsbehoeftes by werknemers te identifiseer.

Relevante, uitkomsgebaseerde opleidingsintervensies word dan geïmplimenteer om seker te maak werknemers groei tot volle wasdom in hulle bepaalde beroepe, asook om geleenthede vir bevordering te skep.

Hierdie soort ontwikkelings­programme is gebaseer op die ­unieke prestasievlakke en behoeftes van elke werknemer. ­Werknemers wat nie hulle ­ooreengekome ­doelwitte bereik nie, word vir ­prestasiebevorderingsprogramme ingeskryf, terwyl die wat hulle doelwitte oortref, vir talent­ontwikkelingsprogramme ingeskryf word.

Indien 'n werknemer geen verbetering ná verskeie intervensies toon nie, word die relevante dissiplinêre proses gevolg.

Sommige maatskappye koppel prestasiegedrewe vergoeding en bonusse aan die relevante prestasie­skale. Dit is somtyds 'n goeie idee, maar dit kan ook lei tot die verkeerde optrede, waartydens werknemers hulle prestasievlakke manipuleer juis om meer geld te verdien. Die beste model om 'n prestasiekultuur te vestig, is om dit op 'n ontwikkelingsmodel te baseer.

Prestasiebestuursprogramme is dus die grondslag van verskeie organisatoriese ontwikkelingsprosesse wat gebaseer is op goed nagevorsde, internasionaal aanvaarbare weten­skaplike modelle.

Die probleem wat baie besighede tans in Namibië beleef, is dat werknemers binne die onderhandelingseenheid van die relevante vakbond nie prestasiebestuursmodelle ondersteun nie en verkies dat dit nie op hulle lede van toepassing is nie. Baie bestuurders implimenteer dan die proses net vir daardie personeel wat buite die vakbond se onderhandelingseenheid val.

Dit is egter die reg van bestuur om hulle bestuursplig na te kom en hulle mag dus elke werknemer, ongeag van sy/haar posisie binne die organisasie, aan prestasiebestuursprosesse onderwerp. Die situasie word juis gekompliseer sodra monetêre vergoeding aan prestasie gekoppel word, want dan word dit 'n onderhandelbare aspek volgens die erkenningsooreenkoms van die meeste vakbonde.

Daar is verskeie besighede waar die vakbonde weier dat ­prestasiebestuursprogramme geïmplementeer word. Natuurlik het vakbonde nie die reg om dit te eis nie, maar dit is 'n tema vir 'n volgende skrywe.

Hier is die ironie . . .

Ons hele samelewing is gebaseer op differensiasie. Ons word groot in 'n vryemark- ekonomiese stelsel waar kinders van kleins af geleer word dat differensiasie deel van die lewe is en dat dit die goeie presteerders is wat die prys wen, wat die beurs ontvang, wat die beste werk inpalm of die groot salaris verdien.

Ons word in 'n stelsel groot waarin kinders op skool (laer- en hoërskool) asook op tersiêre vlak punte ontvang vir eksamens of pojekte.

Daar is 'n sekere drumpelpersentasie wat die “slaagsyfer” aandui asook 'n persentasie wat uitnemende prestasie (“met lof geslaag”) aandui. Dan is daar die faalpersentasie (“druipsyfer”).

Ons etiketeer individue gebaseer op prestasie wat 'n bepaalde impak op mense se lewens het. Ons hele lewe is gebaseer op hierdie ­beginsel en ons word van kindsbeen af ­blootgestel aan differensiasie in die samelewing, maar vir die een of ander onverklaarbare rede voel ­sommige mense dat hierdie beginsel nie meer geld die dag dat hulle volwasse is en in 'n beroep aangestel word nie.

Differensiasie was aanvaarbaar vir 'n kwart van 'n mens se lewe. Hoekom sal die beginsel nie meer geld sodra jy as volwasse mens die werksplek betree waar jy selfs vergoeding ontvang nie?

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%