Invalshoek - China se Visie 2050
Invalshoek - China se Visie 2050

Invalshoek - China se Visie 2050

Rudi Koekemoer
Rudi Koekemoer - Die afgelope maand het die media gegons oor die voorgenome transaksie tussen ‘n Chinese maatskappy en Rio Tinto vir die verkryging van die meerderheidsaandeel in die wêreldberoemde Rössing-uraanmyn. Kommer is uitgespreek omdat China toenemend beherende regte verkry op waardevolle bates en hulpbronne soos uraan.

Ek moet erken dat die Chinese “Rooi Draak” ook vir my bekommerd het, maar dit het my aangespoor om navorsing oor China se langtermynvisie te doen. Ek spreek myself nie uit oor etiese en morele aspekte oor hoe die visie bereik moey word nie, maar fokus slegs op die uitkomste van doelwitte.

Elke vyf jaar roep die Kommunistiese Party van China ‘n nasionale kongres byeen om te besluit oor die leier, asook die strategie vir die volgende vyf jaar. Die negentiende kongres het in Oktober 2017 plaasgevind en is bygewoon deur 2 280 verteenwoordigers van die party, wat uit nagenoeg 89 miljoen lede bestaan.

Xi Jiping is tot president herkies en sy Visie 2050 is bekragtig: “’n Moderne sosialistiese land wat trots kan meeding in die wêreld”. Die visie fokus op twee hooffases: om teen 2035 die mees innoverende land in die wêreld te wees en om teen 2050 as wêreldmag gevestig te wees.

China is tans besig met die land se dertiende vyfjaarontwikkelingsplan (2016-2020), wat soortgelyk is aan die Namibiese ontwikkelingsplanne. China onderskei hulself egter van ander wêreldlande in die opsig dat hulle al die doelwitte in ‘n bepaalde vyfjaarperiode bereik, en in baie gevalle oortref.

‘n Paar hoogtepunte sluit in dat die Chinese ekonomie sedert 1979 negentigvoudig gegroei het. Reeds in 2010 het dit Japan as tweede grootste ekonomie, naas die VSA, verbygesteek

In die jaar 2000 was slegs vier persent van die Chinese bevolking as middelklas bestempel met 'n inkomste van tussen US$9 000 en US$ 34 000 per jaar. Die groep het in 2018 tot 29 persent toegeneem. Die middelklas in China is meer as die totale bevolking van die VSA, wat tans 326 miljoen mense is teenoor China se totale bevolking van 1,4 miljard mense. McKinsey & Company voorspel 76 persent van China se stedelike bevolking sal teen 2022 tot die middelklas behoort en dit sal die mees welvarende land in die wêreld wees.

China bestee huidig US$200 miljard aan navorsing en registreer jaarliks derduisende nuwe patente. Daar is tans 39 miljoen aktiewe handelsmerke in die wêreld waarvan 12,4 miljoen (32%) aan China behoort. Gemiddeld ken China jaarliks 30 000 doktorsgrade in wetenskap en ingenieurswese toe. Die lys van prestasies is lank en indrukwekkend. Dit getuig van dissipline, werksetiek en ‘n absolute fokus op die land se visie.

Teen 2035 wil China die mees moderne weermag hê. Dit behoort ‘n baie duidelike teken na die res van die wêreld te stuur dat China ‘n mag sal wees om mee rekening te hou indien sy soewereiniteit bedreig word.

China moet elektrisiteit aan die grootste bevolking in die wêreld voorsien. Daarom het die land uraan tot strategiese hulpbron verklaar; om weg te beweeg van steenkoolkragstasies se negatiewe invloed op die omgewing en gesondheid.

Volgens die World Nuclear Association is China tans besig om 43 kernkragaanlegte te voltooi en nog 136 word vir die toekoms beplan. Rusland bou tans 25 aanlegte en beplan ‘n verdere 22; Indië bou 14 en beplan 28; die VSA bou 14 en beplan 28 en Japan bou nege en beplan nog drie. China beskik dus duidelik oor ‘n langtermyn kernkragvisie en sal in sy aanvraag na uraan moet voorsien, ten spyte van die huidige, lae uraanpryse.

Die visie en China se beplanningsvermoë was sekerlik die hoofrede vir die besluit om N$1 miljard te betaal vir ‘n belang in die Rössing-uraanmyn. Niemand sal soveel betaal vir ‘n bate wat nie toekomswaarde het nie.

Die realiteit is dat China reeds ‘n wêreldmag is en binnekort vir Amerika gaan troef op die meeste gebiede, juis as gevolg van hulle dissipline, vasberadenheid en ongenaakbare toewyding tot hulle land se doelwitte. Dit stel ook ‘n voorbeeld vir die res van die wêreld om ‘n visie na te streef deur ontwikkelingstrategieë wat ten alle koste verwesenlik word.

Die “Rooi Draak” is tans onstuitbaar en dit maak baie mense ongemaklik. Myns insiens moet ons moeite doen om die onbekende beter te begryp, want dan sal ons in ‘n beter posisie wees om die regte besluite, tot voordeel van ons land en sy mense, te neem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.65/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.41% | Zinc US$ 2 858.80/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 911.96/OZ UP +1.09% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.65/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.41% | Zinc US$ 2 858.80/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 911.96/OZ UP +1.09%