Invalshoek - China se strategie
Invalshoek - China se strategie

Invalshoek - China se strategie

Rudi Koekemoer
Rudi Koekemoer - Die vorige Invalshoek het die verskille uitgelig tussen die spel skaak, wat meestal in die Westerse wêreld gespeel word, en Go, wat in China gespeel word.

In Go is die doelwit om met so min as moontlike klippies die meeste grondgebied te bekom en dus is die fokus op die beste benutting van hulpbronne terwyl skaak met ‘n vasgestelde hoeveelheid stukke op die bord begin en skaakstukke word prysgegee om die koning te beskerm.

Skaak is ‘n goeie voorbeeld van tipiese denke in die politieke arena en selfs in die sakewêreld, wat ontstaan het, of beïnvloed is deur Westerse denke en strategiese modelle. Histories het die monargie al die mag en hulpbronne besit en besluite gemaak wat egosentries ten doel gehad het om hierdie mag te behou.

Die koning moes ander koninkryke verower en in die proses het gewone burgers gebuk gegaan onder geweldige armoede. Hulle moes in haglike omstandighede ‘n sukkelbestaan voer terwyl die koning met sy familie en binnekring in weelde geleef het.

Ons huidige politieke spel is gebaseer op hierdie hiërargiese magspel waarin die regering al die mag en beheer oor hulpbronne besit en Jan en San Alleman ‘n sukkelbestaan voer terwyl honderde miljoene dollar verduister of gesteel word sonder enige gevolge. Die gevolg van hierdie selfsugtige magspel is die verdieping van werkloosheid, armoede, maatskaplike probleme en ekonomiese erosie.

Ironies word meer belastings gewettig om die ekonomiese erosie te probeer teenwerk. Hierdie progressiewe erosie van die sosio-ekonomiese toestande lei gewoonlik tot revolusie en oorlog, indien dit nie verbeter nie, wat die totale verval van alle strukture tot gevolg het alvorens alles weer heropgebou kan word.

In die sakewêreld is daar kompetisie tussen besighede in dieselfde bedryf. Die een probeer die ander verower deur groter markaandeel en die klem val nie noodwendig op samewerking nie.

Baie mense word aangestel om te help om die aandeelhouers te verryk en indien die spel nie winsgewend is nie word die pionne prysgegee. Die sakewêreld se strukture is soortgelyk aan dié van die monargie van ouds en die huidige politieke stelsel.

Go fokus daarop om grondgebied te bekom tot voordeel van die hele samelewing en die fokus is nie daarop om ‘n ander koninkryk noodwendig te verower nie. Hierdie strategie is soortgelyk aan die beginsels wat vervat is in die boek The Art of War wat Sun Tzu sowat 500 vC geskryf het. Kernbeginsels sluit in om die oorwinning te behaal sonder oorlog, om jou opponent se sterk- en swakpunte te ken en dan jou strategie te bou rondom hulle swakpunte sodat jy met die minste hulpbronne en inspanning die stryd kan wen.

Leiers moet oor die vermoë beskik om verhoudings te bou, want geen oorwinning is moontlik sonder alliansies nie. Verhoudings is die hoeksteen van oorwinning en dit is belangrik om verhoudings te koester wat beide partye tot voordeel strek.

China pas tans hierdie beginsels op wêreldskaal toe deur strategiese grondgebied deur wettige prosesse te bekom en lande ekonomies afhanklik van hulle te maak. Dus verowering sonder fisieke konflik.

Baie lande se swakpunt is ‘n tekort aan geld en die feit dat sommige besluitnemers "oorreedbaar" is weens hul gierigheid. Dié strateë bou verhoudings met die regte mense en gaan dan groot infrastruktuurleningsooreenkomste met lande aan. In baie gevalle is die leningsbedrae só groot dat dit onmoontlik is om dit terug te betaal. Die lening is dus ‘n korttermynoplossing vir ‘n land se ekonomiese uitdagings.

‘n Chinese staatsmaatskappy het onlangs besit geneem van ‘n hawe in Sri Lanka wat nie ‘n skuldlas van een miljard Amerikaanse dollar kon terugbetaal nie. China het ook ‘n lughawe en kragaanleg in Zambië oorgeneem. Djiboeti staan tans op die drumpel om ‘n hawe aan Beijing te sedeer.

Volgens die Centre for Global Development het die volgende lande se skuldlas aan China onvolhoubaar geword en loop hul die gevaar om strategiese bates prys te gee: Kyrgyzstan, Laos, Maldives, Mongolië, Montenegro, Pakistan, Papua Nieu-Guinee, Samoa, Fidji en Tadjikistan. Daar is meer.

Plaaslike regerings is steeds in beheer, want dit was nie die doelwit om die "koning" te verower nie, maar om strategiese grondgebied te bekom. Nuwe samewerkingsooreenkomste ontstaan wat nuwe vennootskappe bewerkstellig.

Namibië het reeds sulke vennootskappe met China. Die uitdaging is om seker te maak ons gee nie meer as vyftig persent van ons land prys nie, want dan is die spel verby.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048