Intouch Interactive Marketing – nommerpas digitale oplossings
Intouch Interactive Marketing bestaan uit 'n jong en dinamiese span kundiges wat in hipermoderne, nommerpas digitale oplossings spesialiseer.
Intouch is Namibië se leidende digitale media-agentskap en die onderneming is in Windhoek geleë.
Intouch doen sake sedert 2006 en het gegroei tot 'n leier in sy veld. Die onderneming lewer dienste soos die ontwerp, ontwikkeling en instandhouding van webwerwe, die ontwerp van inhoudbestuurstelsels (bekend as CMS), die ontwikkeling van gespesialiseerde sagteware, asook slimfoontoepassings (“apps”) vir iOS, Android, Symbian en Windows.
Intouch is ook bekend vir sy vingerpunt-skermtegnologie wat gebruik word vir die verkoop van produkte en die bestuur van rye by verskillende openbare en private ondernemings se kliëntedienssentrums.
Die meeste digitale oplossings word spesiaal vir kliënte ontwikkel en is gebaseer op kliënte se unieke behoeftes.
Die passievolle Intouch-span mik vir die sterre wanneer hulle nuwe idees ontwikkel en wil 'n “sjoe”-effek vir elke kliënt skep.
Intouch wil altyd verwagtinge oortref met sy interaktiewe, gebruikersvriendelike en geoutomatiseerde ontwerpe wat tegnologie intelligent, maar verstaanbaar aanwend.
Intouch help ondernemings om meer doeltreffend met hul personeel, klante en kliënte te kommunikeer. Spesialisgebiede sluit in die kleinhandel, bankwese, telekommunikasie en korporatiewe oplossings.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie