Interns by staatshospitale uitgeplaas
Interns by staatshospitale uitgeplaas

Interns by staatshospitale uitgeplaas

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - ’n Totaal van 131 leerlingdokters is by verskeie hospitale oraloor die land uitgeplaas om met hul internskap van twee jaar te begin.

Die leerlingdokters sal diens by die staatshospitale op Oshakati en Onandjokwe, asook die Katutura- en Windhoek Sentrale Hospitaal doen.

Elf leerlingtandartse is by die staatshospitale op Oshakati en Rundu, die Eenhana- en Keetmanshoop-distrikshospitale en by die Katutura-staatshospitaal uitgeplaas.

Die leerlingtandartse se internskappe duur ’n jaar. By die Windhoek Sentrale Hospitaal is twee leerlingsielkundiges vir ’n internskap van een jaar uitgeplaas.

Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) is al die hospitale by die Raad van Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) geakkrediteer.

Die ministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, het beklemtoon die interns speel ’n belangrike rol in dienslewering by die staat se geriewe, terwyl hulle kritieke praktiese vaardighede aanleer om te kan registreer.

Hy het ook die hoop uitgespreek dat die interns gelei sal word deur die waardes van toewyding, deernis en harde werk in alles wat hulle doen.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!