Die Internet en sy trolle
Die Internet en sy trolle

Die Internet en sy trolle

Tielman van Lill
Dit is raar, maar tog waar. Hulle sê mos waar ‘n rokie trek, moet ‘n vuurtjie wees.

Ons, die sosialemediagebruikers, moet elke dag demokraties en vrywillig verplig sosiale media vir een of ander duistere en sinistere rede inspan. Dit op sigself is geen maklike taak nie, want ‘n ander tipe rower sit en wag deesdae in die veiligheid van sy skuiling vir die regte oomblik om al sluipend uit die duister van die web met mag en mening op sy onskuldige slagoffer toe te slaan.

‘n Sekere rare spesie het sedert die internet se ontstaan stelselmatig sy verskyning gemaak. Dié spesie doop ek sommer ‘n e-trol. Dié helde en heldinne van die kuberruim is die moderne struikrowers van ons tyd wat soos magtige lords hul pionne behendig rondskuif, terwyl die koningin al tripplend sukkel om haar piepie vir ‘n belangrike vonkpos te knyp.

Die witjasse in die laboratoriums kan moontlik die spesie as die Giant Trollosboid (monophyletic e-Vampierrella) in hul wetenskapboeke identifiseer, maar dié gevaarlike spesie kan moontlik ook as Mastiga-trolla Balamuthi (vrylewend op die internet) geklassifiseer word.

Ja-ja, ek weet. Daar is diegene wat nie die kwaad of verkeerd daarin sal sien dat ‘n wildvreemde siel ‘n ander onbekende gebruiker op ‘n sosialemediaplatform verbaal aanval nie. Wel, as so ‘n mens nie fout met dié probleem kan sien nie, is hy of sy beslis deel van die probleem.

Die komediant Schalk Bezuidenhout bekla nou die dag sy lot op die kassie oorlat mense op sosiale media ander gebruikers vloek en die allervreeslikste dinge toevoeg sonder dat die ontvanger daarvoor gevra het.

(Kan ‘n mens nog van ‘n kassie praat? Die ding is deesdae platter as ‘n joernalis se beursie op die 15de van elke maand.)

Dit sluit glo Facebook, ander sosialemediaplatforms asook Netwerk24 in, waar ‘n gebelgde e-trol-terroris binne sekondes ‘n gewelddadige aanval op sy “kompie” se sleutelbord kan loods. Wat ook al jy verkeerd mog gesê het, is nie ter sprake nie, wel dat die Giant Trollosboid (Reusetrol) genoeg rede het om sy weerlose slagoffer verbaal met vele spelfoute en onbeholpe sinsbou sonder kommas en ander leestekens te mag kasty.

In my verbeelding sien ek so ‘n briesende e-trol in aksie. Die paar bloedbelope oë staar hatig na die kompie se skerm, terwyl bultende slagare plek-plek dreig om oop te bars. Die asem jaag hortend oor skuimerige lippe en die intense druk van die koronêre stelsel is hoog genoeg is om ‘n trekker-tyre kliphard te pomp, terwyl die Monophyletic e-Vampierrella se hart met ‘n geweldige tempo besig is om in die rigting van ‘n reuse- miokardiale infarksie te versnel.

Die salpeter sit reeds wit gedroog teen die voorkop en slape, terwyl vingers met wit geklemde kneukels woedend die toetsbord soos ‘n saldo uit ‘n outomatiese aanvalswapen tref. Behalwe dat ‘n hartaanval besig is om soos ‘n dief in die nag nader te sluip, is die situasie besig om vinnig in ‘n koronêr te verander, wat sy cholestrerollading kilogram vir kilogram uit sy aorta skeur om onverhoeds ‘n trombus te vorm.

Ek raak glads benoud vir die aanvaller en familie se part om te dink sy hart se elektronika kan beskadig word, wat sy hartritme gaan versteur.

“Wie wil nou met ‘n fibrillerende hart sit terwyl ‘n spasma in 'n aar ontstaan waar kilogramme vet soos ‘n klomp skape voor ‘n toe kraalhek gaan saambondel,” en ek dink onwillekeurig aan iets soos ’n 911-nommer om te bel.

Na die afloop van die e-trol se woedende aanval op sy weerlose ontvanger, waar die teiken nie soos die wafferse Blitsbokheld Rosko Specman ‘n behendige systap kon uitoefen om sy aanvaller se ongure venyn te fnuik nie, sien ek hoe ‘n uitgeputte en natgeswete e-trol behaaglik in sy stoel soos ‘n vrou terugsak wat pas die lewe aan ‘n wonderwerk geskenk het.

Boys, wees versigtig, dié eensellige diertjies (Giant Trollosboid) kry jy oral.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%