Internet-duisternis nie Namibiu00eb se voorland
Internet-duisternis nie Namibiu00eb se voorland

Internet-duisternis nie Namibië se voorland

Die kabelskip sal vandag aankom by die punt waar verbinding verbreek is en met herstelwerk begin.
Augetto Graig
Augetto Graig - Groot dele van Afrika is geraak toe twee ondersese internetkabels op 16 Januarie gelyktydig die gees gegee het.

Die een kabel is deel van die Wes-Afrikaanse-kabelstelsel (Wacs) en die ander een is die ondersese Suid-Atlantiese kabel (Sat3).

Beide verbind die vasteland se internet met Europa.

Volgens Telecom Namibia se woordvoerder, me. Nomvula Kandombolo-Kambinda, kon die telekommunikasie-staatsonderneming vinnig seker maak Namibiërs word nie te erg deur die onderbreking geraak nie.

“Slegs verkeer tussen Namibië en Europa is geraak,” sê sy.

Teen 17 Januarie kon Telecom aankondig sy dienste is herstel.

“Ná die Wacs- en Sat3-kabelstelsels onderbreek is, was ons dringend na alternatiewe roetes op soek, en kon Telecom deur middel van ondersese kabels aan die oostekant van die vasteland 'n roete kry om die verkeer deur te stuur,” sê sy.

Kandombolo-Kambinda sê die geraakte stelsels behoort aan verskillende konsortiums wat elk vir die herstel van hul kabelstelsels verantwoordelik is.

“Dit sal tyd neem om te herstel, en ons kon nie toelaat dat ons kliënte benadeel word nie,” sê sy.

Hoewel daar koste-implikasies vir die verlegging van verkeer na die ooste van Afrika is, sê Kandombolo-Kambinda plaaslike verbruikers hoef nie binnekort 'n prysverhoging te verwag nie.

Intussen sal die kabelskip die Leon Thevenin na verwagting vandag by die punt aan die Wacs-kabel na aan Luanda in Angola aankom waar dit gebreek het.

Die punt waar die Sat3-kabel gebreek het, is verder noord naby Libreville in Gaboen.

Met hul aankoms sal die herstelspan die aard van die probleem moet vasstel en met herstelwerk begin.

Kenners verwag die punt waar die kabels gebreek het, kan tot 3 750 m onder die see se oppervlak wees, en die Suid-Afrikaanse maatskappy Openserve, wat vir internetinfrastruktuur verantwoordelik is, het volgens berigte gewaarsku selfs die eenvoudigste herstelwerk kan teen sulke dieptes ingewikkeld raak.

Boonop beïnvloed windspoed en weersomstandighede herstelwerk, sê die onderneming.

Telecom Namibia se tegniese afdeling is in verbinding met die organiseerders van die herstelpoging, en Kandombolo-Kambinda sê vorderingsverslae sal uitgereik word.

Intussen sal internetverkeer tussen Namibië en Europa na Afrika se ooskus verwys word tot die Wacs-kabel weer in werking is, sê sy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!