Internasionale prestasie vir 'Hairareb'
Internasionale prestasie vir 'Hairareb'

Internasionale prestasie vir 'Hairareb'

Yandi Du Plessis
Die veelbekroonde Namibiese rolprent Hairareb waarin die ontslape veteraanakteur David Ndjavera 'n hoofrol vertolk het, word eersdaags by nóg twee internasionale filmfeeste vertoon.

Ndapunikwa Investments, die produksiemaatskappy agter dié rolprent, het opgewonde aangekondig dat dit by die openingseremonie van die Festival International du Film Pan­Africain de Cannes vertoon sal word. Die film maak ook deel uit van vanjaar se amptelike seleksie vir dié rolprentfees, wat beteken dit kom in aanmerking vir 'n Dikalo-toekenning.

Die fliek sal in die volgende toekenningskategorieë oorweeg word:

1. Beste fiksierolprent

2. Beste akteur

3. Beste aktrise

4. Spesiale erkenning vir speelfiksie

van die seleksiepaneel

5. Die Nord Sud Development Association se Dikalo Peace Award

Alhoewel die organiseerders lede van die produksiemaatskappy genooi het om Hairareb by die rolprentfees te verteenwoordig, moes dié uitnodiging ongelukkig van die hand gewys word weens voortdurende onsekerheid oor die Covid-19-regulasies vir buitelanders wat Frankryk besoek.

Benewens hierdie opwindende nuus, is Hairareb ook genooi om deel te neem aan die 29ste jaarlikse New York African Diaspora International Film Festival (ADIFF) wat van 26 November tot 12 Desember aanlyn op die Eventive-platform sal plaasvind. Die filmmakers sal aanlyn aan ADIFF deelneem aangesien meeste vertonings virtueel sal wees.

Hairareb het reeds verskeie toekennings ingepalm, waaronder die beste narratiewe rolprent, beste regisseur en die toekenning vir beste akteur vir wyle David Ndjavera by die jaarlikse Namibiese Teater- en Filmtoekennings. Die fliek het internasionale lof ontvang ná dit by talle gesogte internasionale rolprentfeeste as deel van die amptelike seleksie vertoon is – waaronder by die Europese filmfees en die Durbanse Internasionale Rolprentfees.

Hairareb is gebaseer op 'n boek deur August C. Bikeur, en deur Aina Ligola Kwedhi in 'n draaiboek omskep. Dantagos Jimmy-Melani is die uitvoerende vervaardiger, met Ellen Ernst as vervaardiger, en die bekroonde Oshoveli Shipoh in die regisseurstoel. Die verhaal is glo 'n huldeblyk aan Namibiese kinematografie en storievertelling, en word vertel vanuit die perspektief van een van Namibië se oudste en mees diepgewortelde stamme – wat liefde in 'n tyd van droogte vasvang, en dus 'n gepaste voorstelling van die Namibiese kinematografie vir beide plaaslike en internasionale gehore is. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!