Internasionale kulturele en strandfees op Langstrand
Internasionale kulturele en strandfees op Langstrand

Internasionale kulturele en strandfees op Langstrand

Henriette Lamprecht
Francoise Steynberg - Alle paaie lei op 24 en 25 Desember na Langstrand waar die eerste internasionale kulturele en strandfees gehou gaan word.

“Die wêreld is uitgenooi om Kersfees te vier waar die woestyn die oseaan ontmoet,” het mnre. Tumelo Lekolwane en Leagilwe Magasa van Flying Promotions, die organiseerders van die fees, Woensdag in Windhoek gesê.

Die fees sal op Namibië as ''n toeristebestemming van keuse in die Suider-Afrikaanse streek fokus en word deur die Streekstoerisme-organisasie van Suider-Afrika (Retosa), die ministerie van die omgewing en toerisme en die Namibië Toerismeraad (NTB) ondersteun.

Dit sal ''n familiefees wees met plaaslike en internasionale kunstenaars, ''n pretpark vir kinders, strandvlugbal en -sokker, kameelritte, kwadfietsritte, dolfynbootvaarte, helikopterritte, wynproe, kosstalletjies, ''n Kersfeesmark en vele meer.

Die fokus is op verantwoordelike vermaak en die feesarena sal gesluit wees met veilige ingange en afgesperde gebiede waar geen alkohol toegelaat word nie, soos by die pretpark vir kinders. ''n Gratis busdiens sal vanaf Swakopmund en Walvisbaai verskaf word in samewerking met nasionale padveiligheidveldtogte.

Die pretpark vir kinders gaan vir hope pret sorg met ''n reuseglyplank, ''n waterglybaan, springkasteel, skuimput, swembad, gesigverf, narre, speletjies en vele meer om die kleintjies in ''n veilige gebied te vermaak.

Een van die doelwitte van die fees is om strandvlugbal as ''n Olimpiese sport te vestig en ''n strandvlugbal-extravaganza sal aangebied word, asook ''n vyf-aan-''n-kant-sokkertoernooi vir mans en vroue.

Die musiekverhoog sal apart wees met kroeg­areas en Namibië se Sally Madam Boss sal een van die kunstenaars wees. Aktiwiteite begin om 09:00 met ''n gratis Zumba-fiksheidsklas en duur tot 22:00.

Daar sal ook ''n area vir baie belangrike persone (VIP) en uiters belangrike persone (VVIP) wees met strandbeddens, rusbanke en ''n skemerkelkiekroeg.

Toegangsgeld is N$150 vir volwassenes, N$70 vir kinders, N$500 vir VIP en N$1 500 vir VVIP en kan by Computicket of by die fees gekoop word. Reis- en akkommodasiepakkette is vir toeriste by Computicket Travel beskikbaar.

“Ons is opgewonde dat Namibië as die bestemming vir die Desembervakansie gekies is. Ons land bied nie net ''n unieke bestemming nie, maar opwindende geleenthede en aktiwiteite vir die hele familie,” het die uitvoerende hoof van die NTB, mnr. Digu //Noabeb, gesê.

Hy nooi Namibiërs van alle kulture uit om aan die fees deel te neem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!