Internasionale humanitêre reg in die kollig
Byeenkoms verseker wette en riglyne word geïmplementeer.
Adolf Kaure
Swakopmund was onlangs gasheer vir die vierde vergadering van verteenwoordigers van nasionale komitees oor die internasionale humanitêre reg (IHL) van Statebondlande.
Die tweedaagse vergadering is deur die regering in samewerking met die Namibiese Rooikruisvereniging en Internasionale Federasies van die Rooikruis- en Red Crescent-vereniging aangebied met die tema “Respek vir IHL: 'n Statebond-perspektief”.
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het gesê internasionale humanitêre reg is selfs nodig in tye waar daar geen konflik is nie.
“Individuele burgers moet weet dat humanitêre wette regte is wat te alle tye gerespekteer moet word. Hoewel humanitêre reg meestal in konfliksituasies van toepassing is, is dit ook van toepassing op stresvolle omstandighede soos natuurlike rampe. Dit is ook nodig in tye van vrede,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
Nandi-Ndaitwah, wat ook die adjunkpremier is, het beklemtoon die bekendstelling van IHL in die Namibiese skoolkurrikulum sal tot burgers se voordeel strek.
“Ons moet verseker dat ons plaaslike wette met internasionale humanitêre reg ooreenstem as ons in tye van konflik doeltreffend wil optree.
“Hierdie wette en riglyne moet geïmplementeer word,” het sy gesê.
Nandi-Ndaitwah het deelnemende afgevaardigdes versoek om werkbare voorstelle te maak wat deur alle Statebondlande toegepas kan word en in hul wetgewing geïmplementeer kan word.
Mnr. Thomas Merkelbach, hoof van die internasionale komitee van die Rooikruisvereniging (ICRC) se streeksafvaardiging in Harare, het afgevaardigdes van lidlande gevra om die uitkomste van die besprekings en beste praktyke te deel deur hulle te implementeer sodat respek vir internasionale humanitêre reg gekweek word.
Namibië het in 2015 'n ICRC IHL-ooreenkoms in Pretoria, Suid-Afrika, onderteken waarvolgens daar onderneem word om IHL in SADC-lande te bevorder en na te kom.
Dit is by die 15de streekseminaar oor internasionale humanitêre reg onderteken.
Nandi-Ndaitwah het Namibië se onwrikbare ondersteuning van internasionale humanitêre reg bevestig.
Volgens die ICRC behels internasionale humanitêre reg wette wat lande se optrede ten tyde van oorlog reguleer.
Dit beoog om mense wat nie aan konflik deelneem nie, te beskerm, en om die middele en metodes van oorlogvoering te beperk.
Internasionale humanitêre reg is deur die Geneefse Konvensies van 1949 gevestig, wat uit vier verdrae bestaan. Bykomende protokolle is in 1977 aangeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie