• Tuisblad
  • Onderwys
  • Internasionale dag vir sport vir ontwikkeling en vrede (IDSDP) by vier skole gevier
Internasionale dag vir sport vir ontwikkeling en vrede (IDSDP) by vier skole gevier
Internasionale dag vir sport vir ontwikkeling en vrede (IDSDP) by vier skole gevier

Internasionale dag vir sport vir ontwikkeling en vrede (IDSDP) by vier skole gevier

Henriette Lamprecht
Namibië sluit vandag by die res van die wêreld aan in die viering van die internasionale dag van sport vir ontwikkeling en vrede (IDSDP). Die dag word binne die raamwerk van die beleid vir geïntegreerde fisiese onderrig en skolesport (IPESS) gevier in samewerking met Unesco, Unicef en die GIZ Sport vir Ontwikkeling in Afrika-streeksprojek en onder die vaandel 'Learn. Go. Grow.'
Die streke waarin die vieringe plaasvind, sluit in //Kharas, Khomas, Hardap en Otjozondjupa.

Die hoofgeleentheid vind plaas in Khomas by die sekondêre skool Immanuel Shifidi en sal deur 40 leerlinge in die ouderdomsgroep 13 tot 17 jaar, afrigters en vrywilligers bygewoon word. Die doel van die dag is onder meer om bewusmaking te skep oor die belangrikheid van sport as 'n dryfveer vir maatskaplike verandering, gemeenskapsontwikkeling, vrede en volhoubare ontwikkeling.

Die helfte van die deelnemers by deelnemende skole is meisies en leerlinge met spesiale behoeftes en gestremdhede om inklusiwiteit te bevorder. Volgens die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, bevorder ISDP sport en oefening as kostedoeltreffende en betekensvolle maniere om 'n wye veld behoeftes te takel wat verband hou met onder meer onderrig, gesondheid, jeugontwikkeling, geslagsgelykheid en volhoubare ontwikkeling.

"Dit is uitdagings wat die jeug en gemeenskappe oraloor in Namibië in die gesig staar. Dit bied 'n geleentheid om met jong mense te werk en dat hulle deur middel van spel meer kan leer."

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!