Internasionale balletkompetisie moet jong potensiaal uitlig
“Die waarde van balletkompetisies lê in die blootstelling, om raakgesien te word sodat jong dansers beurse en werk kan kry.”
Dit is die mening van Dirk Badenhorst, wat sedert 2008 die Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie (SAIBC) in Kaapstad aanbied. Hy sê hy wou vanjaar jong dansers met potensiaal in Afrika ontgin en hulle dié blootstelling bied. “Ek het ’n talentsoektog in gedagte gehad, maar by nabetragting het ek besluit om liewer weer vanjaar ’n internasionale kompetisie te hou, al vind dit net elke twee jaar plaas en was die vorige een verlede jaar.
“Vanjaar se kompetisie het ek egter uitgebrei met ’n afdeling net vir nuwelingdansers van Afrika. Dit is belangrik om dié met potensiaal op ’n jong ouderdom reeds die regte onderrig te gee,” sê hy.
Kinders van ses tot agt jaar oud kan inskryf en sal getoets word op grond van oefeninge en kort dansies wat op die SAIBC-webwerf verskyn.
Die geleenthede wat talentvolle dansers kan kry as hulle aan ’n kompetisie deelneem, word bevestig deur Suid-Afrikaanse dansers wat nou in die buiteland opgang maak.
Onder dié dansers wat in die SAIBC opgemerk is, is Boysie Dikobe, Mthuthuzeli November, Leroy Mokgatle, Andile Ndlovu en Daniel Goldsmith.
Dikobe is lid van die ongelooflike Les Ballets Trockadero de Monte Carlo, November is veral as choreograaf bedrywig in Brittanje en is verlede jaar met die Laurence Olivier-prys bekroon. Mokgatle is ’n lid van die Béjart Ballet Lausanne in Switserland, Goldsmith dans in die Koninklike Sweedse geselskap in Stockholm en Ndlovu is nege jaar al deel van die gevierde Washington Ballet in Amerika.
Badenhorst sê Yang Yang Zhang van China is ’n voorbeeld van ’n buitelandse deelnemer wat in die Suid-Afrikaanse kompetisie raakgesien is. Hy het ’n aanstelling in Het Nasionale Ballet in Amsterdam gekry.
Volgens Badenhorst is dit van kardinale belang om die regte beoordelaars te kies, anders sou dié dansers dalk nie die uitsoek-geleenthede gekry het nie.
“Dit moet balletmeesters wees wat by opleidingskole betrokke is of by professionele balletgeselskappe, hetsy op nasionale of provinsiale vlak, en sekerlik ook mense wat deel is van die wêreld se topgeselskappe.
“Dié verskeidenheid beoordelaars sal uitblinker-kandidate in verskillende ouderdomsgroepe en ontwikkelingsfases oplet en vir opleiding in die buiteland keur of in balletgeselskappe in ander lande insluit.”
Badenhorst is in sy skik met die goeie reputasie wat die kompetisie die afgelope 13 jaar opgebou het. Hy sê terugvoer en navrae het onmiddellik begin instroom nadat hy Maandag die eerste advertensie op sosiale media geplaas het.
Die kompetisie word vanjaar in ’n hibriede formaat aangebied waarvoor inskrywings aanlyn voltooi word en teen 25 Junie ingestuur moet wees.
Van die dansers sal in lewende lywe in die Kunstekaap optree. Die vertonings van kandidate wat nie na Kaapstad kan reis nie, sal van 12 tot 16 Julie aanlyn beoordeel word.
Die lewende vertonings kom van 19 tot 23 Julie vanaf 17:00 en op 24 Julie om 14:00 in die Kunstekaap aan die beurt.
Die kompetisie sluit af met ’n galavertoning op 24 Julie om 19:00 wanneer die vyf topdansers in elke afdeling bekend gemaak sal word.
Die afdelings is vir 9 tot 11 jaar, 12 tot 15 en 16 tot 19 jaar.
Onder die 17 beoordelaars is Suid-Afrikaanse balletmeesters wat in die buiteland werk, naamlik Tanya Howard (National Ballet Canada), Sheryn Lister (Kinderballet, Australië) en Andile Ndlovu (The Washington Ballet, Amerika). Allison Hendricks (Dance For All) en die bekende choreograaf Sean Bovim is in Suid-Afrika.
Die ander beoordelaars is van Kenia, Spanje, Switserland, Brittanje, Rusland, Nederland, Duitsland, Kuba, Amerika, Suid-Korea en China. Kaartjies is te koop by Computicket. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie