Intelligensiediens sleep weekblad hof toe
Intelligensiediens sleep weekblad hof toe

Intelligensiediens sleep weekblad hof toe

Namibië se intelligensiediens en die regering het 'n koerant hof te gesleep om te keer dat “geheime inligting” uitkom.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die Sentrale Intelligensiediens van Namibië (NCIS) het gister 'n dringende aansoek by die hoërhof ingedien vir 'n interdik teen The Patriot wat dié weekblad verbied om geheime inligting oor eiendomme in sy besit te publiseer.

Dit volg nadat die redakteur, mnr. Mathias Haufiku, die direkteur van die NCIS, mnr. Ben Likando, vroeër die week in 'n teksboodskap in kennis gestel het dat die koerant voornemens is om in sy uitgawe vandag 'n berig oor hierdie eiendomme te publiseer. Hy het Likando ingelig dat hy hom nie telefonies in die hande kry nie en graag sekere vrae in dié verband aan hom wil rig.



'sensitiewe inligting'

Me. Hilda Namandjebo-Basson, uitgewer van dié koerant, het gister by hof A in die hoërhof in Windhoek aan Republikein gesê The Patriot is om 11:27 in kennis gestel dat 'n dringende aansoek om die publikasie van die berig te verbied, om 14:00 aangehoor sal word.

Mnr. Philemon Malima, direkteur-generaal van die NCIS, sê in sy gefundeerde eedsverklaring die inligting wat Haufiku in sy teksboodskap gesê het die koerant gaan publiseer “is sensitiewe en/of geklassifiseerde inligting en die onwettige besit, verspreiding en publisering daarvan word deur die wet verbied”.

Hy sê verder volgens artikel 16 van die Namibië Sentrale Intelligensiedienswet van 1997 kan die publisering van dié inligting strafregtelike gevolge hê.



'waarheid oor plase'

Vanweë die geheime aard van die inligting brei hy nie in die hofstukke uit oor die eiendomme en bates waaroor The Patriot wil berig nie.

Dit blyk wel dat die eiendomme verband hou met die vereniging van voormalige lede van die NCIS, oftewel oudspioene.

Die politieke aktivis mnr. Job Amupanda het vroeër gister die volgende op sosiale media geplaas: “Die intelligensie het 'n dringende aansoek gebring om 'n vreeslose joernalis, Mathias Haufiku, te verbied om die waarheid oor die plase wat hulle gekoop het, te publiseer. Die regime wil in die geheim sake doen. Maar die waarheid is soos room in 'n glas met melk!”

Malima voer in sy eedsverklaring aan “die kuns en praktyke van die intelligensieberoep word in ooreenstemming met beoefende handelspraktyke gedoen” en sê hierdie gevestigde protokolle en praktyke van geheimhouding is nodig vir die uitvoering van enige intelligensiediens se funksies.

“Indien die respondente toegelaat word om inligting oor die eiendomme en bates te publiseer, sal daar nie meer enige element van geheimhouding wees nie en dit maak die benutting van hierdie eiendomme en bates waardeloos,” sê hy.

Ná 'n vergadering in kamers met regter Harald Geier het die regsverteenwoordigers van die partye ooreengekom dat die verhoor tot volgende Vrydag uitgestel word.

Die respondente, wat Haufiku, Basson-Namandjebo en The Patriot is, moet teen Maandag hul beantwoordende eedsverklarings by die hof indien.



nie gepubliseer

Verder het hulle ook ingestem om nie in hul uitgawe van vandag 'n berig oor die eiendomme te publiseer nie.

Die NCIS en die regering is deur adv. Dennis Khama en die staatsprokureur, mnr. Mathias Kashindi, verteenwoordig, terwyl die menseregteprokureur, mnr. Norman Tjombe, namens die respondente optree.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01%