Intelligensiediens kan koerant nie muilband
Intelligensiediens kan koerant nie muilband

Intelligensiediens kan koerant nie muilband

’n Slag is in die hoërhof geslaan vir vryheid van spraak en burgers se reg om oor korrupsie ingelig te word.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Sentrale Intelligensiediens van Namibië (NCIS) en die regering kan nie agter wetgewing skuil en hulle op die reg op geheimhouding beroep in ’n poging om te keer dat vermeende korrupte optrede op die lappe kom nie.

Dit was een van die sleutelbevindings op grond waarvan regter Harald Geier gister die direkteur-generaal van dié diens, mnr. Philemon Malima, en die regering se aansoek vir ’n muilband-interdik teen die weekblad The Patriot, met koste van die hand gewys het.

Malima en die regering het in April vir ’n dringende hofinterdik gevra om te verhoed dat The Patriot oor eiendomstranksasies van nagenoeg N$65 miljoen berig. Dit is met staatsgeld gekoop vir die private gebruik van lede van die vereniging van oudspioene en hul families.

Hulle het aangevoer dit is geheime inligting wat deur die Wet op die Beskerming van Inligting van 1982 en die Namibië Sentrale Intelligensiedienswet van 1997 beskerm word.

Geier het in sy uitspraak gesê vryheid van spraak “is die hartklop van ons demokrasie”. Hy het gesê dit is veel meer so in die openbare sektor waar die regering en sy amtenary in die verlede “op ’n web van statutêre en regulerende beperkings teen die media gesteun het om hul onderdrukkende aktiwiteite agter die borswering van staatsekuriteit te verskans”.

“Die media moet oor oneerlike, ongerymde en onbevoegde administrasie berig,” het hy gesê en daarop gewys dat korrupsie dikwels eers bekend word nadat die media anoniem of deur ’n hokaairoeper daaroor ingelig is.

In dieselfde asem het Geier na die belangrikheid van goeie joernalistieke praktyk verwys waar joernaliste eerlik en regverdig te werk gaan en bevind Haufiku het hieraan opgeleef.

TRANSAKSIES

Die omstrede eiendomstransaksies sluit twee plase in die Otjozondjupastreek in. Die een, ’n plaas naby Otjiwarongo, is in 2015 vir N$40 miljoen gekoop en die ander een, die bekende olyfplaas Hartebeestteich-Süd by Hochfeld, is vir N$17 miljoen van die bekende olyfprodusent, mnr. Rolf Heiser, gekoop.

Die derde eiendomstransaksie wat die Intelligensiediens geheim wou hou, is die aankoop van ’n huis vir N$8,2 miljoen in Windhoek-Wes.

Hartebeestteich-Süd was die eerste olyfplaas in Namibië en beskik oor nagenoeg 6 000 olyfbome. Heiser het dit tot ‘n spogplaas opgebou waar ook met Bonsmaras geteel is. Dit blyk uit die hofstukke die titelakte toon dit is deur die ministerie van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, as deel van die grondhervormingsprogram gekoop.

Mnr. Norman Tjombe het namens dié koerant en die redakteur, Mathias Haufiku, aangevoer hierdie inligting is anders wat die Intelligensiediens en die regering aanvoer, nie geheime inligting soos deur die wet op dié instelling omskryf word nie.

Verder is die vereniging van oudspioene wat na bewering die eiendomme vir die private gebruik van sy lede en hul families beskikbaar stel, nie deel van die NCIS nie en gevolglik nie onderhewig aan sy wetgewing nie. Dit blyk uit die stukke dat die Intelligensiediens by twee geleenthede staatsgeld ter waarde van N$1,1 miljoen aan hierdie private vereniging oorbetaal het.

Geier het bevind die applikante het geweet hierdie inligting gaan in die openbare domein geplaas word wanneer die respondente in hul hofstukke breedvoerig daarop uitbrei.

Hy sê daarom maak dit nie sin om ’n interdik uit te reik teen die publisering van inligting wat reeds bekend is nie.

Voorts het die applikante ook nie daarin geslaag om te bewys dat hul regte benadeel is of benadeel kan word nie, het Geier in sy uitspraak gesê.

Die Redakteursforum van Namibië (EFN) het die uitspraak gister verwelkom en gesê dit is 'n reuse-oorwinning vir vryheid van spraak en demokrasie in die land.

"Die uitspraak is 'n ferm vermaning vir diegene wat die media in die naam van 'nasionale sekuriteit' wil muilband," sê die EFN.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!