Instrumente vir jeugorkes

Lloyd Zandberg
Die jeugorkes van Namibië (YONA), asook die orkes van die Helmholtz Gymnasium Karlsruhe, het op die 10de November sy-aan-sy opgevoer by die WHS-ouditorium. Namibiese- en Duitse kinders het tydens dié konsert hul talente ten toon gestel, en het die gehoor vermaak met komposisies deur Beethoven en Mozart, onder andere.

Hierdie spanpoging was ‘n gepaste geleentheid vir me Ellen Gölz, adjunk-hoof van die Duitse ambassade, om ‘n instrument skenking aan YONA te oorhandig. Die ambassade het sewe viooluitrustings (‘n kis, ‘n strykstok en ‘n viool) en vier ekstra strykstokke, wat ongeveer N$19 000 beloop het, geskenk. In 2017 het die Goethe Instituut in Namibië ook snaarinstrumente aan YONA geskenk. Soos die kinders groei, benodig hulle groter instrumente, en dié skenking is dus ‘n gepaste gebaar van die ambassade ten opsigte van die volhoudaarheid van die program.

Die jong studente word al sedert Maart 2017 in snaarinstrumente, perkussie en blokfluit opgelei. Die lede van YONA kom uit verskillende agtergronde, en een van die program se doelwitte is om uit te reik na kinders wat ekonomies- en sosiaal kwesbaar is.

YONA reik ook na die gemeenskap uit met hul konserte. Hulle het al by die Susanne Grau Heim, die Katatura-ouetehuis en die inhuldiging van die Downsindroomvereniging van Namibië (DSAN) opgevoer.

Hierdie projek het vinnig gegroei in die twee jaar sedert sy ontstaan. Dié November het YONA agt beginner-violiste en vyf nuwe tjelliste verwelkom. Die instrumente wat deur die Duitse ambassade geskenk is, sal hulle help om verder te groei, en sal baie vreugde bring aan die kinders wat dit bespeel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!