Instituut wil lewens met KI verbeter
Studente sal tegnologie ontwikkel om mense te help in verskillende sfere van die samelewing en die uitdagings waarmee hulle worstel.
Werner Beukes – Die gebruik van kunsmatige intelligensie word al hoe meer ingespan om die ontwikkeling en lewensgehalte van mense te verbeter.
So sê prof. Paul Babu, direkteur van die Instituut vir Intelligente Stelsels (IIS), wat Maandag by die Universiteit van Johannesburg (UJ) geopen het.
“Die vierde nywerheidsrevolusie is ontwrigtend, want take wat gewoonlik deur mense verrig is, word geoutomatiseer. Maar dit is nie noodwendig ’n negatiewe ding nie,” sê Babu.
Volgens hom sal studente by die nuwe instituut tegnologie ontwikkel om mense in verskillende sfere van die samelewing en die uitdagings waarmee hulle worstel te help.
“Studente is byvoorbeeld besig om self ’n hommeltuig te bou en ’n spesifieke toepassing wat op ’n slimfoon deur hardhorende mense gebruik kan word om hulle met hul daaglikse take te help. Tegnologie word toenemend aangewend om mense se lewensgehalte te verbeter.”
Mense wat Maandag se opening van die IIS bygewoon het, het die geleentheid gehad om Pepper, ’n robot wat kunsmatige intelligensie gebruik om met mense te gesels, te ontmoet.
“ ’n Robot soos Pepper is nou nog ’n nuutjie, maar die dag kom wanneer masjiene al hoe meer take by mense gaan oorneem,” sê Babu.
“Kunsmatige intelligensie beteken dat masjiene intelligente besluite neem. Dié tegnologie raak nou elke beroepsveld in die wêreld en dit is wat die opening van IIS so opwindend maak.”
Volgens Babu is die instituut van voorneme om die voorste akademici, navorsers, intellektuele leiers, studente en kundiges in te span om Suid-Afrikaners se lewens te vergemaklik deur die jongste tegnologie te gebruik.
“Dit beteken dat UJ volmaak geposisioneer is om nuwe moontlikhede vir ’n beter samelewing te ondersoek en te ontwikkel. Mense wat probleme op slim en vinnige maniere kan oplos, gaan al hoe meer in aanvraag wees. Wat voorheen as wetenskapfiksie beskou is, gaan nou ’n werklikheid in mense se lewens word.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie