Inspanning vir Afrika voor ITU-punte baas kry

08 November 2018 | Sport
Die Namibiese Triathlonfede­rasie in samewerking met die Alphie Grobler Triathlon Mariental sal op Saterdag 17 November 'n ware internasionale Afrikabeker-byeenkoms by die Hardapdam by Mariental aanbied.

Elite atlete vanuit verskeie wêrelddele sal meeding om punte ter kwalifisering vir die 2020 Olimpiese Spele te verkry. Tot dusver het 13 elite driekampatlete ingeskryf – onder meer van die VSA, Duitsland, Sirië, Marokko, Jordanië, Suid-Afrika en uiteraard Namibië.

Daar sal twee hoofkategorieë wees, naamlik Elites en Ouderdomsgroepe (onderverdeel in individuele ouderdomskategorieë vir seniors, subveterane, veterane, meesters, grootmeesters, junior en jeug). Spanne is ook welkom om in te skryf.

Die elite groep sal die standaard afstand takel, naamlik 1.5 km swem, 40 km fietsry en 10 km hardloop.

Individue wat in hul ouderdomsgroep meeding, asook spanne sal hul vermoëns oor die Sprint-afstand (750 meter swem, 20 km fietsry, 5 km hardloop) kan toets.

Die verkorte afstand vir ouderdomsgroepe is ingevolge die wêreldbeheerliggaam (ITU) se veiligheidsreëls, want dit kan dalk op Mariental te warm wees om die ouderdomsgroep-atlete die volle afstand te laat aflê.

Aangesien die elite atlete die veld vir hulself moet hê, sal dié groep eerste wegspring.

In die jeugkategorie (11-15 jaar) sal die Super Sprint-afstand van 400 m swem, 10 km fietsry en 2.5 km hardloop aangepak word.

Inskrywings vir alle elite atlete, mededingers in elke ouderdomsgroepe asook spanne is nog oop en veral Namibiërs word aangemoedig om die gebeurtenis te ondersteun.

Om in te skryf, kan die webskakel www.otbsport.com/events/34-content/572-mariental-atu gevolg word.

Spesiale vervoerreëlings vir atlete kan gedoen word deur besprekings by die byeenkoms se strategiese vennoot Horizon Windhoek Transfers te doen.

Besprekings vir verblyf is by Hardapdam, of plekke naby aan Mariental geleë, beskikbaar.

Inskrywingsgeld vir vanjaar vir die ouderdomsgroep-atlete beloop N$350 per individu of N$300 per spanlid. Elkeen sal spesiale geskenkpakke sowel as spesiale T-hemde kry, en die podiumwenners kry spesiale ATU-medaljes.

Vir elite atlete beloop die inskrywings egter 250 Amerikaanse dollar (N$3 545), aangesien hulle in aanmerking kom vir die prysgeld van US$3 000 (meer as N$42 000) wat eweredig tussen die topdrie mans en topdrie vroue verdeel word.

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

16 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

16 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

16 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

16 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

16 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

16 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...