Inperking-regulasies vir fase twee gepubliseer
Inperking-regulasies vir fase twee gepubliseer

Inperking-regulasies vir fase twee gepubliseer

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die dra van maskers nou verpligtend in openbare plekke en besighede word aangemoedig om werknemers daarvan te voorsien, terwyl kwesbare werknemers nog toegelaat moet word om van die huis af te werk.

Die regulasies vir fase twee van die grendelstaat is die afgelope Maandag deur die president in die Staatskoerant publiseer. Fase twee begin 23:59 op 4 Mei en kom ten ‘n einde op 23:59 op 1 Junie, is in aangekondig.

Alle besighede en aktiwiteite mag voortgaan, behalwe vir teaters, kontaksport en sportgeleenthede, dobbelhuise, nagklubs, drankwinkels, kroeë, shebeens, konserte, gimnasiums en oefeningsentrums.

Seminare, konferensies, slypskole en berade word tot tien persone beperk. Terselfdertyd moet restaurante en besighede wat kapana verkoop, slegs wegneemetes voorsien.

Verder moet besighede toesien dat werkers ononderbroke die maatreëls volg om die verspreiding van Covid-19 te voorkom.

In die staatskoerant is aangekondig samekomste word tot tien persone beperk, behalwe waar lede van een huishouding in hul woning bymekaar is, by werksplekke of in howe en by byeenkomste deur die kabinet, parlament en regeringsinstansies op nasionale, streeks- of plaaslike vlak.

Ook moet alle skole en alle institute vir hoër onderrig gesluit bly, terwyl alternatiewe leermetodes van stapel gestuur word.

Alkohol mag steeds nie gekoop of verkoop word nie, buiten vir uitvoerdoeleindes of wanneer dit ingevoer word om later weer uitgevoer te kan word. Die polisie kan drank sonder ‘n lasbrief konfiskeer, sou hulle vermoed dat dit gekoop of verkoop word.

Persone wat Namibiese burgers is, permanente verblyf of domisilie in Namibië het, andersins wettig hier woon, mediese personeel uit die buiteland wat met die pandemie kom help asook diplomate, of kinders van hierdie persone, mag die land binnekom.

So ook mag persone die land binnekom wat voertuie, treine, vliegtuie of skepe bestuur en goedere vervoer, of dienste lewer sodat hierdie voertuie kan werk of ander noodsaaklike dienste vir die vervoer van goedere verrig.

Die minister kan toestemming verleen vir ander persone om die land binne te kom. Diegene wat egter wel die land binnekom, sal aan kwarantyn-vereistes onderhewig wees.

Die vervoer van mense en goedere mag weer voortgaan, terwyl eienaars van openbare vervoer moet seker maak hul werksaamhede en werknemers asook diegene wat van hul dienste gebruik maak, gee gehoor aan maatreëls om te keer dat Covid-19 versprei.

Tydens fase twee van die inperkingstyd is dit ‘n oortreding van die wet om jouself valslik as ‘n wetstoepasser voor te doen, terwyl jy ook nie ‘n amptenaar mag verhoed of verhinder om sy werk te doen nie.

Dit is ook ‘n oortreding om vals of misleidende inligting aan ‘n amptenaar te gee.

Verder mag jy nie – op enige media – vals of misleidende inligting oor die Covid-19-status van enige iemand publiseer of oor die maatreëls wat betrekking het om die verspreiding daarvan te voorkom nie.

Vir die oortreding van enige van hierdie regulasies kan ‘n persoon ‘n boete van tot N$2 000 opgelê word of ses maande tronkstraf, of beide.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37%