Inperking: Fase twee begin Dinsdag

30 April 2020 | Regering
President Hage Geingob het pas aangekondig dat fase een van die inperking teen die einde van Maandag, 4 Mei verstryk. Daarna sal fase twee vanaf 5 Mei tot 1 Junie van krag wees.

Die volgende maatreëls, in ‘n neutedop, geld tydens fase 2:
·Die dra van gesigmaskers in openbare plekke is verpligtend
·Mense mag plaaslik sonder beperking beweeg tussen streke en binne dorpe
·Grense vir internasionale reisigers bly toe, buiten vir terugkerende Namibiërs, wat aan kwarantyn onderwerp sal word.
·Die verkoop van alkohol bly verbode.
·Die volgende besighede sal toegelaat word om te heropen: inkoopsentrums, kleinhandelaars, restaurante, kapana-verkopers (slegs wegneemetes vir laasgenoemde twee toegelaat), droogskoonmakers, skoonheids- en haarsalonne.
·Hoë-risiko bedrywe wat steeds nie kan oopmaak nie, sluit in teaters, fliekteaters, gimnasiums en oefensentrums, kontaksport- en sportgeleenthede, nagklubs, dobbelklubs, alkoholhandelaars, konserte, kroeë, seminare en konferensies.
·Skoolkinders bly steeds tuis.
·'n Maksimum van tien mense mag in die openbaar byeenkom.

Fase drie sal na verwagting van 2 tot 30 Junie duur, terwyl fase vier volgens beplanning daarna in werking sal tree en sal voortduur tot die einde van die afgekondigde noodtoestand, wat ses maande van toepassing is.

Soortgelyk

 

Lelies begin Sondag blom

9 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

9 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

9 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...

Reën beskadig tente by Havana-projekskool

9 ure gelede | Ministeries

Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het. Volgens die onderwysers wat...

Boer oorleef ná windpompstaaf hom deurboor

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – ’n Boer van Gobabis is na bewering Maandagnag op sy plaas deur die stiefseun van een van sy werkers ingewag en toe...

Uitspraak vandag oor omstrede skietvoorval

9 ure gelede | Howe

Augetto Graig – Landdros Taboka Mopipi lewer vanoggend om 08:30 in die hof op Kasane in Botswana uitspraak in die geregtelike nadoodse ondersoek na die...

Toeristegetalle styg in 2021

9 ure gelede | Toerisme

Henriette Lamprecht – Die aantal toeriste wat Namibië verlede jaar besoek het, het met 37,1% teenoor dié van 2020 gestyg. Verlede jaar het 'n totaal...

Swakop-skool onderskei tussen ontgroening en oriëntering

9 ure gelede | Ministeries

Adam Hartman op Swakopmund – Karakterbou, dissipline en akademiese prestasie word as agtenswaardige uitkomste vir die oriëntasie van nuwe leerlinge beskou, terwyl praktyke wat fisieke...