Inligtingstaak na streeksrade afgewentel

Plaaslike inhoud nou self vervaardig

05 January 2017 | Regering
Augetto Graig - Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie (ICT) het in Desember die funksies vir die ontwikkeling en samestelling van televisie-, radio- en gedrukte inhoud na streeksrade en plaaslike owerhede afgewentel.

Volgens minister Tjekero Tweya beteken dit dat die produksie van oudiovisuele materiaal, die voorsiening van luidsprekerstelsels, die ontwikkeling van draaiboeke vir plaaslike inhoud, en die ontwikkeling en publikasie van gedrukte materiaal oor regeringsbeleide en -programme, nou op streeksvlak gedoen sal word.

Hy sê: “Deur die ontvangs van hierdie funksies sal streeksrade nou verantwoordelik wees en die gesag hê vir die beplanning, implementering en bestuur van dienslewering op plaaslike vlak.

"As 'n ministerie sal ons voortgaan om deurlopend 'n formele kapasiteit te bou en opleiding te verskaf in noodsaaklike velde ten einde streke in staat te stel om dienslewering aan ons mense te verbeter.”

Die minister het verder gesê die oorhandiging van hierdie funksies aan plaaslike rade beteken dat personeel, bates en geld oorgedra moet word vanaf die sentrale regering.

"Dit vereis diepgaande veranderinge aan die manier waarop die regering georganiseer word - vanaf sentrale tot plaaslike bestuursvlakke.”

By dieselfde geleentheid het die permanente sekretaris van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Daniel Nghidinua, gesê die regering van Namibië erken die belangrikheid van demokrasie en mensgerigte ontwikkeling.

“Dit is die rede waarom desentralisasie 'n grondwetlike vereiste is. Streeksrade en plaaslike owerhede is die geïnstitusionaliseerde manifestasies van die regering se verbintenis tot die integrasie van die belange van die bevolking en die deelname van ons mense in bestuur en besluitneming,” het Nghidinua gesê.

Volgens hom word die sukses van desentralisasie nie gemeet in terme van die aantal funksies nie, maar in terme van die tasbare voordele wat daaruit spruit.

"Desentralisasie moet manifesteer in die bemagtiging van mense op plaaslike vlak, verbeterde administratiewe doeltreffendheid, inklusiwiteit en hoë gehalte diens.”

Nghidinua sê die belangrikheid van die funksies wat die ministerie aan die streke oorhandig het, kan nie genoeg beklemtoon word nie.

“Oudiovisuele en gedrukte materiaal en gereedskap speel 'n kritieke rol om te verseker dat ons mense op voetsoolvlak ingelig is oor die verskillende regeringsprogramme en hoe sulke programme geïmplementeer word,” sê hy.

Dit baat ook die regering om terugvoering te kry oor die behoeftes en impak van dienste wat gelewer word.

Die streekrade, sê Nghidinua, is versoek om die gedesentraliseerde funksies te verwelkom, personeel te integreer en die kapasiteit te gebruik om meer professionele en beter dienste aan onderskeie streke te lewer.

Dié funksies word nou deur die streekrade van die Hardap-, //Karas-, Khomas-, Ohangwena-, Omaheke-, Omusati-, Erongo-, Kunene-, Kavango-Oos-, Kavango-Wes-, Oshikoto-, Oshana-, Otjozondjupa- en Zambezistreek verrig.

Soortgelyk

 

Psemas skuld N$500 miljoen

4 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die staat se mediese fonds, Psemas, se uitstaande skuld aan verskaffers van gesondheidsdienste in Namibië beloop reeds sowat N$500 miljoen. Dié bedrag...

Min tyd vir verandering

4 ure gelede | Ministeries

Estelle de Bruyn - Dit lyk of Namibiërs vanjaar steeds winter- en somertyd gaan hê.Toe die wetsontwerp op Namibiese tyd gister in die Nasionale Vergadering...

Lorrie beland in rivier

4 ure gelede | In beeld

‘n Suid-Afrikaanse vragmotor van Merchants Transport met twee sleepwaens het Woensdag omstreeks 02:00 van die Michaelisrivier-brug buite Windhoek af gery. Die pad, wat na die...

Groente vrot ná reën

4 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh Die gebiede naby Tsumeb, Grootfontein en Hochveld het tot die helfte van die totale seisoenale reën net in Februarie ontvang, wat groot skade...

Ammoniak-lekkasie: drie werkers ontslaan

4 ure gelede |

Elvira Hattingh - Drie Meatco-werknemers is gisteroggend uit die Lady Pohamba-hospitaal ontslaan nadat ’n ammoniak-gaslekkasie Woensdag by die fabriek in Windhoek ontstaan het. Een werknemer...

Hof knip Baster-kaptein se vlerke

4 ure gelede | Howe

Catherine Sasman - Die hoërhof het beslis dat die Baster-kaptein, John McNab, en die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) geen reg het om erwe in die...

Weer vir 10 Maar 2017

4 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar reënval word in plekke in die Kunene-, Erongo- en Zambezistreek verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele donderstorms in die /Kharas-, Hardap-...

Hof bepaal vulstasie se lot

4 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw – Die vulstasie op die hoek van Sam Nujomalaan en Nelson Mandelarylaan in Klein Windhoek sal binnekort weer oop vir besigheid wees.Dit nadat...

Katjavivi vra gedenksentrum

4 ure gelede |

Catherine Sasman Namibië se geskiedenis, van die koloniale tydperk af tot vandag, moet behoorlik gedokumenteer word en toeganklik wees in die vorm van 'n gedenksentrum...