Inligtingsessie oor visvangregte verleng
Inligtingsessie oor visvangregte verleng

Inligtingsessie oor visvangregte verleng

Augetto Graig
Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne se inligtingsessies, wat in al 14 streke aangebied sal word, het vanoggend in Windhoek afgeskop.

Dié sessies sal inligting oor aansoeke vir visvangregte verskaf.

Dit is die eerste keer in 20 jaar dat ou kwotaregte verval.

Mnr. Bernard Esau, minister van visserye en mariene hulpbronne, het nuwe vereistes vir aansoeke gestel.

Dit sluit in dat mense wat tans oor regte beskik nie vir nuwe regte aansoek kan doen nie.

Die eerste inligtingsessie is só goed bygewoon dat die saal by die Khomas-streeksraad se hoofkantoor nie al die belangstellendes kon huisves nie.

Die sessie is dus verleng.

Dit sal ná middagete voortgaan en sal môreoggend herhaal word.

Die sperdatum vir aansoeke is 31 Julie en sluit visvangregte vir stokvis, harder, masbanker, monnikvis, diepseevis, lynvisspesies, kreef, diepsee-rooikrap en Kaapse pelsrob in.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!