Energieke ekspo borrel
Energieke ekspo borrel

Energieke ekspo borrel

Yandi Du Plessis
Die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) vind vanjaar van 4 tot 7 November by SKW in die hoofstad plaas.

Die NTE, wat steeds die grootste toerismegeleentheid in die land is, bring mense in die toerismebedryf uit Namibië en buurlande saam. Die geleentheid word deur Namibia Media Holdings (NMH) aangebied en vier vanjaar sy 22ste bestaansjaar. Vanjaar se tema is "Hernubare energie". Verskeie bekende plaaslike en Suid-Afrikaanse persoonlikhede sal by die ekspo wees, insluitend musikante, komediante en sjefs.

Vanweë die huidige situasie, wat baie ekonomieë tot stilstand gebring het, sal die NTE vanjaar anders aangebied word. Die aantal mense wat ’n geleentheid kan bywoon, sal beperk word. Daar is dus net ’n beperkte aantal kaartjies vir elke geleentheid beskikbaar. Die vermaakareas sal in blokke afgekamp word, waarin ’n maksimum van ses mense in een blok kan beweeg. Kaartjies word dus in groepe van ses verkoop. Alle Covid-regulasies sal gehoorsaam word. Maskers is natuurlik verpligtend. Die Covid-19-toepassing sal ingespan word om besoekers se getalle deur die dag fyn dop te hou.

“Die bevordering van veral plaaslike en streektoerisme is noodsaaklik in dié stadium en die ekspo sal 'n platform skep vir die bedryf om idees uit te ruil en te verseker dat Namibië 'n gesogte toerismebestemming bly," sê me. Maggy Mbako, woordvoerder van NMH.

“Hierdie ekspo sal vanjaar ook die bekendstelling van Tourism - 10 Degrees South begin, 'n veldtog wat daarop gemik is om Suider-Afrika, en alle Afrikalande 10 grade suid van die ewenaar, te bevorder,” sê sy.

Die bevordering van toerisme in Suider-Afrika is belangrik.

Altesaam 1 000 afslag-reisbewyse ter waarde van N$1 000 elk is beskikbaar waarmee lesers, sosialemediavolgelinge en ekspobesoekers kan wegstap. Hiermee kan jy jou ideale wegbreek reël en Namibië in sy volle glorie ervaar. Dié bewyse kan van 4 tot 7 November by die ekspo opgeeïs word en is geldig van 9 November 2020 tot 9 Mei 2021.

In die lig van die huidige regulasies, sal die ekspo vanjaar ’n baie eksklusiewe geleentheid wees. Vanjaar val die kollig, meer as ooit vantevore, op die waarde wat toerisme inhou.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!