Inhokking se tol gaan groter wees
TOMMY SKRYF:
Gewone griep maak jaarliks om en by 600 000 mense dood en niemand neem eers kennis daarvan nie. Covid-19 is nog ten minste 550 000 van daar af.
Covid 19 se fataliteitskoers lyk op hierdie stadium of dit dalk hoër kan wees, maar neem nie in ag dat miljoene mense die virus gaan opdoen en dit nooit eens weet nie, wat dit maar net weer terugbring na die vlak van griep. As dit waar is, beteken dit die inperkingsreëls se effek gaan baie erger wees as die virus en selfs die oorsaak van meer sterftes, hetsy direk of indirek.
Die feitlik histeriese dekking wat die siekte kry, hou seker baie mense besig, maar ons gaan nog spyt wees daaroor. Gee net bietjie tyd.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie