Informele straatverkopers op Tsumeb trek
Gesondheidsdepartement help met verskuiwing
Tanja Bause - Die informele straatverkopers in Hage Geingobstraat op Tsumeb is van voor die diensstasies na die oorkant van die straat verskuif.
Dié skuif is hoofsaaklik gedoen omdat die nuwe Puma-diensstasie aan die einde van die maand daar open en die verkopers moes noodgedwonge daarvoor plek maak. Boonop bied die gebied waarheen hulle getrek het ’n afdak met skaduwee.
“Die munisipaliteit het reeds ’n muur sowat 5 m agtertoe geskuif om die 74 verkopers op die grond te akkommodeer. Ons sal ook die afdak verleng sodat hulle almal in die skaduwee is,” het mnr. Agustinus Kampala van die munisipaliteit se gesondheidsdepartement gesê.
Me. Stella Imalwa, ook van die munisipaliteit, meen die verkopers speel ’n belangrike rol in die dorp se ekonomie. “Hulle gaan self na die vrugte- en groenteprodusente om produkte te koop. Die produsente het dus nie dieselfde uitgawes ten opsigte van vervoer wanneer hulle aan ander winkels verkoop nie,” het sy gesê.
Die gesondheidsdepartement is daarvoor verantwoordelik om die straatverkopers se staanplek skoon en in stand te hou. Die verkopers moet N$60 per maand vir die staanplek betaal. Die handjievol verkopers wat nog voor die vulstasie sake doen, sal ook binnekort by die nuwe ruimte hervestig word.
Op die oomblik maak die verkopers van die drie diensstasies se toilette gebruik. Derhalwe oorweeg die munisipaliteit om toiletgeriewe en ’n waterkraan vir hulle aan te bring.
“Ek sal eers tevrede wees met die nuwe plek wanneer al die verkopers aan dieselfde kant van die straat is, want nou hou motors aan die diensstasies se kant stil en ons aan hierdie kant mis op die besigheid uit. As ons almal saam is, moet hulle by ons stop,” het een van die verkopers, me. Julia Andima, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie