Informele oorgrenshandel blom, maar Angola verlep effe

Meer as N$8,4 miljoen se produkte is verlede jaar informeel via Oshikango na Angola uitgevoer,...

29 April 2016 | Sakenuus
Jo-Maré Duddy

Angola bly Namibië se vernaamste vennoot vir informele ­oorgrenshandel, maar die waarde van plaaslike produkte wat verlede jaar vir dié buur­land se markte bestem was, was 11,7% minder as in 2014.
Die Namibië Statistiek­agentskap (NSA) het gister sy verslag oor informele oorgrenshandel – die tweede van sy soort – vrygestel. Dié verslag bepaal die omvang van transaksies van minder as N$5 000 elk wat op ses grensposte beklink is. Vanweë die klein geldwaarde van die transaksies word dit nie in amptelike doeanestatistiek vervat nie.
Luidens die jongste Informal Cross Border Trade Survey (ICBTS) geskied informele handel met Angola deur die grensposte by ­Oshikango, Calai en Omahenene. Namibiese produkte wat verlede jaar via dié grensposte na Angola uitgevoer is, het in totaal bykans N$9,97 miljoen beloop, sowat N$1,17 miljoen minder as in 2014.
Die meeste uitvoere geskied by verre via Oshikango. Meer as N$8,4 miljoen se informele uitvoere is in 2015 deur Oshikango, sowat 5,6% minder as die vorige jaar. Uitvoere via Omahenene was bykans N$1,5 miljoen, terwyl N$431 778 se produkte via Calai hul weg na die buurland gevind het. Omahenene se syfer was bykans 24% laer as dié van 2014, terwyl Calai s’n met sowat 44% getuimel het.
Die vernaamste produkte wat informeel na Angola uitgevoer word, is vis, boumateriaal, groente, toiletware, klere en juwele. Meer as N$3,8 miljoen van dié produkte in totaal het in 2015 só op die Angolese mark beland. Ander gewilde uitvoerprodukte sluit in linne, brood, suiker en lekkergoed, asook elektriese ­toerusting.
Altesaam N$883 599 se produkte is verlede jaar via die drie grensposte uit Angola ingevoer, bykans 60% hiervan deur Oshi­kango. Totale invoere via dié ­grensposte was verlede jaar bykans 2 000% meer as in 2014. Die gewildste ­produkte wat via ­Oshikango na Namibië ingevoer is, was alkohol en tabak, mielies en mahangu en groente.
Namibië se ­informele handelsurplus met Angola in 2015 was meer as N$9 miljoen.

Zambië, Suid-Afrika
Informele handel tussen Namibië en Zambië via die Wenela-grenspos het sowat N$1,95 miljoen beloop. Hiervan was bykans N$1,85 miljoen uitvoere. In 2014 is bykans N$1,1 miljoen se ­produkte via dié grenspos na Zambië uitgevoer. Die vernaamste uitvoerprodukte was ­motoronderdele en fietse, vis, nie-alkoholiese drankies, kookolie en verwerkte voedsel, wat in totaal vir sowat N$1,06 miljoen se uitvoerverdienste gesorg het. Op sy beurt het Namibië veral verwerkte voedsel, groente en toerusting van die buurland ingevoer.
Namibië het verlede jaar ’n informele handelstekort van N$214 223 met Suid-Afrika via die Ariamsvlei- en Noordoewer-grensposte getoon. Altesaam N$185 155 se produkte is deur dié grensposte ingevoer, bykans 64% via Ariamsvlei. Dié grenspos was ook die vernaamste invoerpunt, met N$271 836 uit die totale invoere van N$399 379 wat deur Ariamsvlei gekom het.
Die vernaamste uitvoerprodukte deur dié grenspos was klere en juweliersware, gevolg deur vleis, motoronderdele en fietse. By Noordoewer was dit veral vleis wat deur die grenspos uitgevoer is. Die gewildste invoerprodukte by Ariamsvlei was klere en juweliersware, elektronika en nie-­alkoholiese drankies. By ­Noordoewer was die vernaamste invoerproduk alkohol en tabak, gevolg deur klere en juweliersware en nie-alkoholiese drankies.

Groter prentjie
In totaal het informele uitvoere deur ­Oshikango, Calai, Omahenene, Wenela, Noordoewer en Ariamsvlei verlede jaar N$11,99 miljoen beloop, sowat 2% minder as die vorige jaar. Invoere was sowat N$1,38 miljoen, 535% meer as in 2014. Namibië se informele handelsbalans was dus sowat N$10,6 miljoen.
Namibië se ­informele uitvoere deur dié ses grensposte het verlede jaar sowat 1,6% van die land se totale uitvoere (formeel én informeel) uitgemaak. In 2014 was dié syfer 1%. Informele uitvoere was sowat 0,1% van totale invoere. Die vorige jaar was ­informele invoere se bydrae tot totale invoere bykans nul.

Soortgelyk

 

La Niña skop dalk nóú in

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

9 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

9 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

9 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

9 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

9 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

9 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...

Die weer Vrydag 21 Januarie 2022

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordooste met ’n paar buie in die Kavango, Otjozondjupa se ooste en die Omahekestreek; andersins gedeeltelik bewolk...