Informele ekonomie: Vakbonde moet aanpas

Vakbonde in die informele sektor sal hulself moet herskep om toepaslik te bly, meen kenners.
Augetto Graig
Augetto Graig



Om die informele ekonomie tot sy reg te laat kom, sal ­vakbonde 'n daadwerklike poging moet aanwend om burgers in dié sektor te dien.

Dít aldus 'n aanbeveling van die ­Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) wat Namibië in 2015 aanvaar het.

Die ILO en die Instituut vir Arbeidsbronne en -navorsing (LaRRi) het gister in die hoofstad met 'n twee dae lange slypskool oor Namibië se informele ekonomie ­afgeskop.

Maandag is vryheid van assosiasie en dialoog in die informele sektor bespreek.

Adv. Vicki ya Toivo, die minister van arbeid, ­nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Erkki ­Nghimtina, se spesiale raadgewer, het gister namens die minister 'n toespraak hieroor gelewer.

Ya Toivo het die 2018 Namibië Statistiekagentskap (NSA) se arbeidsmagopnameverslag aangehaal waarvolgens sowat 60% van Namibiërs in die informele sektor werk.

“Die informele ekonomie is dus 'n bron van werk vir die meeste Namibiese werknemers, insluitend dié in hul eie diens,” het sy gesê.

“Tog is dié sektor 'n broeiplek vir ongelykheid en diskriminasie,” het sy gesê.

Die minister noem in sy toespraak die meeste informele ­werknemers geniet nie maatskaplike beskerming of voordele soos kraam­verlof nie.

Baie werkgewers voldoen ook nie aan die minimumvereistes vir vergoeding nie, het Ya Toivo gesê.

“Ordentlike ­werksgeleenthede is skaars en mense is desperaat vir werk. Die meeste ­informele werkers het nie 'n ordentlike ­lewenstandaard vir hul gesinne in die vooruitsig nie,” lees die minister se toespraak.

Volgens die minister toon navorsing die meeste selfstandige lede van die informele ekonomie is jong vroue in stedelike gebiede.

Tot 85% van informele ondernemings is buite die landbousektor waar werkgewers en werknemers geen maatskaplike beskerming geniet nie, waar 'n tekort aan werkskontrakte bestaan en lang en ongereelde werksure die norm is.

Volgens die navorsing noop werkloosheid mense om hulle tot die ­informele sektor te wend.

By die geleentheid is 'n nuwe studie oor Namibiese ­vakbondverenigings bekend gestel. Die studie handel oor die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), die Vakbondkongres van Namibië (Tucna) en die ­Namibiese Nasionale ­Arbeidsorganisasie (Nanlo).

Dr. Mohammed Mwamadzingo, ILO-streekbeampte vir Afrika, het 'n waarskuwing aan Namibiese vakbonde gerig.

Wêreldwyd is die voortbestaan van vakbonde kwesbaar weens kwessies soos toepaslikheid, kwynende lidmaatskap, 'n tekort aan interne organisasie en demokrasie, het hy gesê.

Professor Trywell Kalusopa het sy plaaslike navorsing voorgelê, wat toon minder werknemers in die formele ekonomie behoort aan vakbonde.

In 2017 het 19% van werknemers in Namibië aan vakbonde behoort, en in 2018 net 11,4%.

“Tans is dit dalk tussen 10% en 15%,” het hy gesê.

Die NUNW se adjunk- sekretaris-generaal, mnr. Tame Severin, sê verandering is nodig.

“Ons moet 'n nuwe beleid skep en ons rol in die samelewing herskep. Ons moet onsself vry maak van partypolitiek en werkers se belange eerste stel,” het Severin gesê.

Tucna se sekretaris-generaal, mnr. Mahongora Kavihuha, sê die arbeidswet beperk vakbonde se vermoë om werk te verseker.

Werknemers word ook toegelaat om vakbonde se finansies te beïnvloed, het hy gesê.

Tog glo Kavihuha vakbonde het steeds 'n rol om te speel.

Nanlo se bedryfsdirekteur, mnr. Matti Haimbili, het gesê: “Solank werkgewers en werknemers 'n verhouding het, sal vakbonde bly voortbestaan, maar ons moet vir oorlewing veg en toepaslik bly.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37%