Inflasie is u2019n bloedsuier
Inflasie is u2019n bloedsuier

Inflasie is ’n bloedsuier

Verbruiker moet nie staatmaak op salarisverhoging
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher – Die September 2017-verslag oor verbruikersinflasie in Namibië het goeie en slegte nuus.

Vergeleke met die ooreenstemmende maande in 2016, het die verbruikersprysindeks (VPI) minder gestyg – 5,6% versus die 6,9% van ‘n jaar gelede.

Indien veranderings aan die VPI vir die eerste nege maande vanjaar vergelyk word met dié van 2016, is daar egter geen verandering nie. Trouens, die jongste VPI-veranderings dui op ‘n draaipunt en dat laer pryse dalk vir eers net ‘n dagdroom kan wees. Die verloop sedert Januarie 2017 se 8,2% tot September vanjaar, kon verbruikers wel laat asem skep.

Verbruikers kan tereg wonder hoe dié veranderings hom/haar raak. Inflasie in Namibië word gemeet aan die hand van werklike prysstygings. Tans bestaan die mandjie uit 350 items wat in 12 hoofkategorieë en 55 sub-kategorieë verdeel en by 900 kleinhandelpunte gemeet word. Dié samestelling van dié mandjie word elke vyf jaar hersien en die huidige mandjie is in 2013 aangepas.

Die verskillende items in die mandjie se gewigte of relatiewe bydrae verskil. Die vier belangrikste items is gesamentlik vir amper 70% van die veranderings verantwoordelik, naamlik behuising, water, energie, waaronder brandstof en gas (28,36%), voedsel en nie-alkoholiese drank (16,45%), vervoer (14,28%) en alkoholiese drank en tabak (12,59%).

Binne elke hoofitem is daar ander komponente waarvan die relatiewe gewigte ook verskil. Binne die voedselgroep is vleis belangriker as byvoorbeeld vis, met die gevolg dat duurder vis nie die verbruiker se sak raak soos wat duurder vleis doen nie. Die feit dat daar ‘n goeie graanoes was en dat ingevoerde grane se pryse ook gedaal het, het broodinflasie beduidend laat daal.

Die onewewigtigheid van die impak van die droogte – voor en ná – is duidelik as inflasie in September 2016 met dié van 2017 vergelyk word. Kosinflasie was in September verlede jar 12,4% en daal ‘n jaar later tot 3,8%, broodinflasie was 12,1% ‘n jaar gelede en daal sedert Mei vanjaar tot -2,4% in September. Suiwelprodukte se inflasie het gedaal van 10,6% tot 2,9% vanjaar.

Daarteenoor het vleisinflasie toegeneem van 7,9% tot 9,4% in September en visinflasie het nog skerper gestyg van die reeds hoë 16,2% in September 2016 tot 18,2% ‘n jaar later.

As ‘n groep het voedsel en nie-alkoholiese drank egter 13,6% bygedra tot die September-inflasie, teenoor alkoholiese drank en tabak se 12,9% en vervoer se 9,3%. Die item wat die verbruiker se sak die meeste geruk het in terme van bydrae tot die verandering aan die verbruikersprysindeks, is behuising, water en energie met ‘n allemintige 44,1%.

Inflasie word vervolgens ook gemeet in terme van goedere en dienste en in hierdie verband was daar ook beduidende veranderings die afgelope jaar. Dienste-inflasie was die hele jaar op ‘n maandelikse basis meer as 8%, met 8,4% in September – die hoogste vir 2017. Daarteenoor het goedere-inflasie skerp gedaal van die 8,1% in Januarie vanjaar tot 3,6% in September, met ‘n moontlike draaipunt. Augustus 2017 se goedere-inflasie was matig laer as dié van September. Dié styging klink gering, maar is dalk ‘n aanduiding van wat met die algemene inflasie gebeur.

Op ‘n maand tot maand basis het die verbruikersprysindeks in September vanjaar betekenisvol gestyg. Indien die tendense van vorige jare ontleed word, het September die tydperk van hoë voor-Kersfees-inflasie telkens ingelui. Bewese invoerafhanklikheid en veral die pryse van ingevoerde energie kan goedere-inflasie stukrag gee sodat algemene inflasie toeneem. Stygende algemene inflasie kan ‘n negatiewe impak hê op dienste-inflasie, veral as loononderhandelings inflasiegekoppel is.

Die salaristrekker se reële koopkrag is belangrik en om dit te laat styg, moet loonaanpassings inflasie klop. Die bekostigbaarheid daarvan is onder verdenking, gegewe die huidige prestasie van die ekonomie. Die verbruiker moet dus nie staatmaak op salarisaanpassings en daarvolgens die Kersmaal beplan nie.

Beplanning en slim kopies sal bepaal hoeveel vleise op die spyskaart gaan wees en wat om saam met dit te geniet. Niemand kan van brood alleen lewe nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!