Inentings by die kerk
Die NG Kerk Eros en Namibia Media Holdings (NMH) bedryf sedert gisteroggend 'n inentingspunt vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in dié gemeente se kerksaal. Dit is op die hoek van Genl. Murtala Muhammedrylaan en Kuisebstraat geleë. In hierdie stadium is net Sinopharm-entstof beskikbaar. Inentings word op weeksdae van 08:00 tot 17:00 gedoen en Saterdae van 09:00 tot 16:00. Mense kan hulle ook by die Hosiana-kerk oorkant die Katutura-staatshospitaal laat inent. Chantel van Wyk van NMH en ds. Fourie van den Berg van die NG Eros-gemeente staan hier by die inentingspunt. Foto Tanja Bause
FOTO 2
Verpleegster Vekazuva Ndjai wys die entstof vir Cloey Kruger wat reg is vir haar tweede spuit. Foto Tanja Bause
FOTO 2
Verpleegster Vekazuva Ndjai wys die entstof vir Cloey Kruger wat reg is vir haar tweede spuit. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie