Indongo voor kruispad in Amerika

Boks

08 March 2018 | Sport
Andrew Poolman



Gaan ’n genoegsaam verbeterde weergawe van Julius Indongo komende Vrydagaand in sy wêreldtitelgeveg teen Regis Prograis opdaag?

Die twee linkshandige vegters takel mekaar in Deadwood, Suid-Dakota vir die hoog aangeskrewe Wêreldboksraad (WBC) se tussentydse ligweltergewig wêreldtitel.

Sedert sy laaste geveg teen Terence Crawford laas Augustus, wat op sy enigste nederlaag as ’n beroepsvegter uitgeloop het, het die Namibiër na Amerika verhuis, maar met sy landgenoot Imms Moses steeds aan die stuur van sy afrigting.

Indongo se linkersteekhou, sy onortodokse styl en ritme asook sy lengtevoordeel word as sy vernaamste bondgenote gesien teen ’n jonger, ambisieuse en gevaarlike Amerikaner.

Of Indongo dit egter gaan regkry om vir 12 rondes die bulhond met die hoogs beweeglike bolyf en blitsige handspoed van sy lyf af weg te hou en skade van sy eie aan te rig, is een van Vrydagaand se sentrale strikvrae.

Die 35-jarige Indongo is ’n voormalige wêreldtitelhouer van die WBA, IBF en IBO. Ná 22 opeenvolgende oorwinnings (elf met uitklophoue), insluitend teen Eduard Troyanovsky in Rusland en Ricky Burns in Skotland, het hy hom egter verlede jaar in ’n supergeveg teen die WBO- en WBC-kampioen Terence Crawford vasgeloop.

Byna soos die swaargewig-titelhouer Deontay Wilder, kan Indongo se boksstyl tot dusver ook deur waarnemers as lomp, roekeloos en kwesbaar teen ’n doeltreffende teenaanvaller bestempel word. Beide dié manne het egter ondanks hul tegniese tekortkominge die hoogste sport bereik.

Die 29-jarige Regis Prograis is tot dusver gereken as ’n goed bewaarde geheim, óf een van daardie onderskatte opponente uit wie se pad jy liewer moet bly – in kort gestel: te veel risiko vir te min beloning. Beroepsvegters stel gewoonlik primêr belang om opponente uit te daag wat óf betekenisvolle gordelhouers is, óf wie se groot getalle aanhangers vir ’n winsgewende betaaldag sal sorg.

Prograis se ongeskonde rekord staan tans op 20 oorwinnings (17 uitklophoue).

Dit was egter sy laaste vertoning (Junie 2017) wat hom ongekende prominensie besorg het, toe hy die onoorwonne Joel Diaz Junior met die rekord van 23-0 vier keer platgeslaan het op pad na ’n dominerende uitklopsege.

Met Mike Tyson en Roberto Duran as sy twee gunsteling rolmodelle, maak Prograis geen geheim daarvan dat hy geneig is om sy aanvallende instink vrye teuels te gee nie.

“Ons is soort van besig om die era van Floyd Mayweather af te skud. Hy was baie ontwykend en verdedigend, maar daar is net een Mayweather. Almal probeer hom nou naboots, maar my strewe is om daardie barbaarse streep van Tyson, Duran en Marvin Hagler terug te bring – waar ek uitgaan om my opponent te probeer doodslaan.

“Dit klink baie lelik, maar dis hoe dit is. Uiteindelik moet jy die skare vermaak as jy suksesvol wil wees. Dit is basies my styl.

“Van nature geniet ek ook die uitdaging om langer vegters as ek te takel.”

Prograis word aangedryf deur ’n strewe om sy geboortestad New Orleans weer op die wêreldkaart van boks te plaas. Vir meer as 50 jaar het geen prominente titelhouer uit dié suidelike kusstad gekom nie. Maar met ’n profiel van die middestad op sy bors getatoeëer, maak Prograis dit duidelik hoeveel motivering hy put om ’n rolmodel vir New Orleans te word en ’n nuwe oplewing in die sport aan te wakker.

Hy het as ’n 16-jarige seun ná die rampspoed van die orkaan Katrina sy geboortestad verlaat om in Houston, Texas sy boksloopbaan te ontwikkel, waar die blootstelling aan suksesvolle oefenmaats en ’n ou legende soos Evander Holyfield hom ’n groot hupstoot gegee het.

Die ligweltergewigklas (63.5 kg) is oorlaai met ambisieuse vegters wat die mantel wil oorneem by Terence Crawford, wat al die titels verenig en daarna vakant gelaat het toe hy na die swaarder weltergewig opgeskuif het.

Vir die wenner van Indongo of Prograis sal die WBC se tussentydse gordel oorhandig word, voor ’n latere volwaardige wêreldtitelgeveg teen die wenner van Amir Imam en Jose Ramirez, wat op 17 Maart in New York slaags raak.

Soortgelyk

 

Moord-selfmoord ruk Oshakati

10 ure gelede | Misdaad

‘n Moorddossier is op Oshakati geopen nadat ‘n man na bewering eers sy vrou en toe daarna homself in die Ehenye-nedersetting op die dorp geskiet...

Vier sterf in grubotsing

11 ure gelede | Ongelukke

Vier mense is gisteraand in 'n grubotsing op die pad tussen Okahandja en Karibib dood. Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupastreek, ao....

Resessie klou verbete

21 ure gelede | Regering

Jo-Maré DuddyMet groei van -0,8% in die derde kwartaal het Namibië sy taaiste drie maande nóg vanjaar beleef en sit die twee swaargewigte wat die...

Meteoorreën bereik sy piek

21 ure gelede | Weer

Elvira HattinghNamibiërs kan uitsien na die Geminides-meteoorreën wat vanaand sy piek bereik.Sowat 100 verskietende sterre sal per uur gesien kan word – mits jy op...

Vuurkuns

21 ure gelede | In beeld

Clinton Fisch het hierdie besondere foto geneem deur staalwol aan die brand te steek en dit tussen staaldrade in te druk wat in die rondte...

Weer, Vrydag 14 Desember 2018

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig in die suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele dondebuie wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Eksamenuitslae Donderdag bekend

21 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10-(JSC) en graad 12-(NSSC)hoërvlakkandidate – voltydse en deeltyds – word eerskomende Donderdag amptelik bekend gemaak. Die uitslae sal op die...

Unam-studente moet meer opdok

21 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land het die universiteitsraad...

1,6 miljoen toeriste kom kuier in 2017

21 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Toerisme het met 2,2% van 2016 af tot verlede jaar gegroei, en 1 608 018 buitelandse toeriste het Namibië in 2017 by...