Indonesië herdenk jeug se belofte

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
SUMPA Pemuda, die belofte van die jeug van Indonesië, is in 1928 afgelê toe duisende mans die Nederlandse koloniale regering gevange geneem het uit rebellie teen dié regering. Verskeie jeuggroepe het verenig in \'n rebellie teen die regering deur die volgende belofte af te lê: \"Ons as die jeug van Indonesië verbind ons tot een moederland, Indonesië. Ons verbind ons tot een nasie, die nasie van Indonesië. Ons verbind ons tot die uitdra van een taal, die Indonesiese taal.\"
Die Indonesiese gemeenskap in Namibië het dié belofte herdenk op 29 Desember in die Continental Hotel in Windhoek. Die geleentheid is gevier met \'n modeparade van tradisionele drag en \'n verskeidenheid tradisionele danse.
Tydens die geleentheid het mnr. Andhika Supeno, die saakgelastigde van Indonesië in Namibië, gesê dat die belofte die Indonesiese gemeenskap saamgesnoer het as een nasie en aksies van ander nasies om hulle te verdeel, suksesvol gebreek het.
\"Alhoewel ons uit \'n honderd verskillende kulture bestaan, is ons een groot familie wat in vrede saamleef as een nasie, die Indonesiese nasie,\" het hy gesê.
Verder het hy bygevoeg dat, om tred te hou met globalisering, dié nasie kennis moet verkry en tale moet bemeester wat internasionaal gebruik word. Sodoende kan hulle meeding in die kompeterende globaliserings- tendens.
Maar dit is ook belangrik om hulle eie taal te behou. \"In die behoud van die Indonesiese taal, sal ons jeug hulle identiteit en nasionale visie behou en sal hulle nie maklik deur vreemde kulture beïnvloed word nie,\" sê mnr. Supeno.
Tydens die geleentheid het hy ook aangekondig dat die algemene verkiesings volgende jaar in die land sal plaasvind. Daar is 140 miljoen stemgeregtigdes in Indonesië. Op 5 April sal die verkiesings vir die verteenwoordigers van die Huis, streeksverteenwoordigers en die plaaslike regering op streeks- en munisipale vlakke plaasvind. Op 1 Julie sal die eerste algemene verkiesing vir die verkiesing van \'n president en visiepresident plaasvind.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

18 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

18 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

18 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

18 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

18 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

18 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

18 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

18 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

18 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...