#Indigiwalk Namibia in die pyplyn

Bekende SA aktivis kom stap

24 February 2021 |
Augetto Graig – Die pad na 'n beter wêreld is eensaam en lank en mnr. Craig (Q7) Beckett, 'n Suid-Afrikaanse Khoisan-jagter, geneser en menseregte-aktivis, sal dit per voet aanpak.

Vroëer vanjaar het hy vanaf Knysna tot in Kaapstad gestap om saam met mede-aktiviste 'n klagskrif teen die soektog na olie in die Okavango by die konsulaat-generaal van Namibië te oorhandig. Nou beplan hy 'n soortgelyke protesoptrede in Namibië.

Die aanvanklike plan is om langs twee roetes vanaf Rundu na Windhoek te stap – een roete deur Gobabis en die ander deur Otjiwarongo vanaf Grootfontein. Beckett is 'n kampvegter vir die sosiale media-bewegings #SaveTheOkavangoDelta, die #savethesan, #frackfreenamibiabotswana, #firstpeoplesouthernafrica en #thesanwontmove. Hy het ook vroeër van jaar geld vir sanitêre doekies ingesamel deur sy #pads4ourgirls-stapveldtog.

Nou bring hy die #indigiwalk-inisiatief na Namibië om die belangrikheid te beklemtoon van die gebied in Namibië en Botswana waar eksplorasie vir olie tans toegelaat word.

Dié gebied is vir die San heilig en 'n laaste skuiling teen eeue oue onderdrukking en herhaalde volksmoord.

“Ons mense en kultuur word bedreig deur ReconAfrica en groot olie- en gasontwikkeling,” lees die groot oranje “Khoe, San en Vriende”-vlag wat hy saambring.

“'n Kleinerige span sal saamkom om die amper 1 000 km vanaf die noordooste van Namibië af na Windhoek te loop. Die stappers sal dorpies besoek en met die jeug praat oor volhoubare inheemse ontwikkeling en omgewingsbewaring, die nuutste oor bestaande voedselinisiatiewe en -metodes en beginsels van natuurlike groei van voedsel. Dit als in 'n poging om die Kanadese olie- en gasmaatskappy, Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) te keer voor hulle die ekostelsel en die gemeenskappe met hul boorbedrywighede vernietig. Oor die volgende weke sal my span, in samewerking met organisasies wat die inisiatief om die beskerming van die Okavango-vleilande ondersteun, ons optrede haarfyn beplan,” het hy in die sosiale media aangekondig.

Internasionaal het die beroep om die belangrike vleilande te red selfs steun van die Hollywood-akteur en kampvegter vir omgewingskwessies, Leonardo DiCaprio, ontvang.

Die Amerikaanse akteur het op 12 Februarie die National Geographic-verslag dat Recon­Africa binne 'n rivierbedding boor wat aan die Okavango-vleilande gekoppel is, aan sy 19,5 miljoen volgelinge getwiet. Hy het spesifiek die hutsteken #SavetheOkavangoDelta herhaal.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Unicef: Kinders se lewe het nie verbeter

9 minute gelede | Skole

Namibië is een van baie Afrikalande waar kinders se lewens ten spyte van ekonomiese groei nie verbeter het nie. Dit volgens Unicef se verteenwoordiger in...

Een persoon ontwikkel matige simptome ná Sinopharm-entstof

1 uur gelede | Gesondheid

Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, sê net een persoon uit die meer as 800 wat met die Sinopharm-entstof teen Covid-19 ingeënt is, het...

Geen borg vir ‘tref-en-trap-lorriedrywer’

10 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die vragmotorbestuurder wat glo Sondagaand ’n voetganger langs die B2-hoofpad by Okahandja doodgery en weggejaag het, bly in aanhouding. Mnr. Efraim...

Weer vir Woensdag 31 Maart

10 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal oor die kusgebiede voortduur. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die suidweste en die noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en...

Komsberg, juweel in Namibië se landboukroon

10 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer – “Ons wil nie die grootste plaas in Namibië wees nie, maar ons streef daarna om die beste plaas te wees en die...

Drie in hof oor horing in kattebak

10 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Drie vermeende renosterhoringsmokkelaars het Maandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn en is borgtog geweier. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan,...

Werk vir strydkinders: appèl teen uitspraak glo oorweeg

10 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – Die Namibiese Vereniging vir Kinders in Ballingskap (NEKA) kan regsaksie neem teen ’n hoërhofbeslissing teen ’n kabinetsbesluit tersyde gestel het dat werksgeleenthede...

Vroue se smeekroep vir water

10 ure gelede | Infrastruktuur

Jana-Mari Smith – ’n Groep vroue smeek die munisipaliteit en Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda, om ’n waterpunt te installeer by die informele nedersetting...

Gesondheid op krukkelys, volgens oudminister

10 ure gelede | Gesondheid

Mathias Haufiku – Die voormalige minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, sê die opjaag van medisynepryse, 'n gebrek aan gepaste beheermaatreëls en...