Indiese geldbeleid plaas druk op diamantbedryf
Die wêreld se diamantbedryf sukkel om van Indië se veldtog teen geld in die sluikhandel te herstel.
Indië se besluit om ’n verreikende hervorming van sy geldeenheid vanaf November te implementeer het tot ’n tekort aan kontant in dié land gelei.
Tot soveel as 90% van die wêreld se ongeslypte diamante gaan na Indië om geslyp, gepoleer en aan duisende maatskappye verkoop te word.
Die bedryf is na raming ongeveer $14 miljard werd.
“Die Indiese demonetiseringsveldtog toon in watter mate die bedryf vir die slyp van diamante steeds op kontant staatmaak,” sê Richard Chetwode, ’n konsultant en voormalige direkteur by Dominion Diamond Corp. en Gem Diamonds.
Diamanthandelaars gaan vandeesweek een van die grootste verkoopsessies in Botswana bywoon waar De Beers, die grootste produsent van dié stene, ook teenwoordig sal wees.
In die laaste verkoopsessie van 2016 het De Beers toegelaat dat van sy goedkoper houers steeds verkoop kon word, selfs al het kopers die bedrag waarop hulle uitstel vir betaling kan kry, oorskry.
De Beers het ook die ongewone stap geneem deur kopers toe te laat om stene van laer gehalte in vooraf saamgestelde houers te weier.
Alrosa PJSC, die wêreld se tweede grootste produsent, sê Desember-verkope het met 31% gedaal teenoor November nadat klein en mediumgrootte Indiese maatskappye wat diamante slyp, deur die monetêre hervorming in Indië benadeel is.
Indië se invoer van ongeslypte diamante het met 4,7% tot $1,4 miljard in Desember gedaal teenoor ’n jaar vantevore, wys data van die raad vir die bevordering van die uitvoer van edelstene en juweliersware.
De Beers verkoop sy diamante by 10 geleenthede per jaar en nooi ongeveer 80 maatskappye wat die stene teen pryse wat hy bepaal, koop.
Bronne sê dié filiaal van Anglo American sal kopers groter buigsaamheid toelaat by vandeesweek se verkoping.
Die stene waarop uitstel vir betaling verkry kan word, sal egter meer beperk word as in Desember se verkoopsessie en kopers sal ook nie toegelaat word om stene in vooraf saamgestelde houers te weier nie.
Narendra Modi, eerste minister van Indië, se monetêre hervorming kom net toe die diamantbedryf van sy laagtepunt in 2015 begin herstel het.
Die gemiddelde prys vir ongeslypte diamante het in 2016 met 9,1% gestyg nadat pryse met ongeveer 18% in 2015 gedaal het.
De Beers se besluit om minder buigsaamheid toe te laat as in Desember is ’n moontlike aanduiding dat die ergste vir die mark dalk verby is. Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie