Indaba pak kwessie van voorvaderlike grondeise
Sterk stemme het gister by Namibië se tweede nasionale grondkonferensie opgegaan vir herstellende geregtigheid vir inwoners wat voorvaderlike grond verloor het.
Denver Kisting - Mnr. Stephanus Goliath van die /Hai-/Khaua- tradisionele owerheid sê hy is verslae oor 'n pleidooi uit senior geledere dat voorvaderlike grondregte nie ernstig opgeneem moet word nie.
Hy het laat gistermiddag juis dié onderwerp by grondkonferensie gepak.
Sy mense, die Namas, is nie net van hul grond beroof nie. Die kolonialiste het ook hul diere gesteel, sê hy. "Tot vandag toe is daar nog beendere van my mense in die woestyn gestrooi."
In die lig hiervan het ons "'n mate van sensitiwiteit verwag".
Hy het oënskynlik na oudpresidente Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba se uitsprake eergister verwys, hoewel hy verseg het om name te noem.
As gevolg van koloniale vergrype het sy mense ál hul waardigheid verloor. "Hulle is skelname genoem. Ons waardigheid het daaronder gely; ons het dit verloor."
Met etikette soos dat die Namas dronklappe is, word sy mense volgens Goliath vandag steeds onderdruk.
Die Namas leef vandag in uiterste armoede, sê hy.
"Ek het gedink in plaas daarvan om die vraagstuk van voorvaderlike grondregte by die venster uit te gooi, moet ons sit en kalm oor dié kwessie besin."
Hy eerbiedig ander se regte en waardigheid, maar verwag eweneens dat sýne gerespekteer word, sê Goliath.
Volgens hom kan die omstrede gesprek binne die raamwerk van die Grondwet geskied.
"Ek soek nie burgeroorlog nie. Ek wil 'n waardige lewe vir myself en my mense hê."
Goliath het benadruk die onus is op álmal om die ongeregtighede van die verlede te herstel.
Boonop is daar 'n wanopvatting dat mense reusehoeveelhede grond wil hê. "Dalk het sommige mense net 'n hektaar of twee nodig."
Goliath sê dit sou nie nodig gewees het om voorvaderlike grondregte op die beraad onder die loep te neem as die kwessie vroeër aangespreek was nie.
Academici
Twee akademici verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam), mnre. Phanuel Kaapama en John Nakuta, het hierna lig op voorvaderlike grondregte gewerp.
Kaapama het 'n oorsig oor die koloniale geskiedenis gegee en benadruk die internasionale gemeenskap erken inheemse groepe se grondregte.
Nakuta het gesê hy stem nie saam dat die huidige regsraamwerk nie voorsiening vir voorvaderlike grondregte maak nie. Dít ondanks die feit dat die Grondwet nie dié regte uitdruklik noem nie, sê hy.
Verskeie internasionale meganismes en goeie praktyke bestaan volgens Nakuta om voorvaderlike grondkwessies aan te spreek. Die grondwetlike definisie van eiendomsregte kan byvoorbeeld in Namibië gewysig word om groepe se regte in dié verband te herken. Slim planne kan volgens Nakuta help om geregtigheid te laat geskied.
Nakuta het aan pres. Geingob gesê: "Die voorvaderlikie grondregte-vraagstuk vereis dapper en aktiewe leierskap. Ons wil u onthou as die mens wat dié moeilike kwessie gepak het."
In sy bydrae het dr. Ngarikutuke Tjiriange gesê verlore voorvaderlike grond moet nie opgeëis word ten koste van ander inwoners nie.
Sy voorstel in die algemeen, en waar grondeise oorvleuel, is geraakte groepe moet voorkeur tydens hervestiging op beskikbare grond kry. ‘n Groter persentasie of kwota van hervestigingsgrond moet volgens Tjiriange aan sulke mense toegeken word.
“Onthou, jy kan nooit ‘n ambulans bel om ‘n gesonde persoon op te laai nie,” het Tjiriange opgemerk. Begunstigdes moet dus werklike verliese gely het.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie