Inbrekers looi Windhoekers

09 January 2017 | Misdaad
Tanja Bause - Met die feesseisoen op 'n end, het die stadspolisie in 'n mediaverklaring gesê daar was 'n toename in huisbrake in Windhoek.

Veral huise wat in die vakansie sonder toesig was, is geteiken.

In Katutura is daar 23 sake van huisbraak en in Khomasdal 12 sake aangemeld.

Yskaste, oonde, skootrekenaars, selfone, klere, geld en televisiestelle is van die items wat meestal uit huise gesteel is.

“Ons het ook opgemerk dat huise wat naby aan 'n bouperseel geleë is, die meeste deur die diewe geteiken is,” het konst. Fabian Amukwelele, woordvoerder van die stadspolisie, gesê.

Soos vroeër berig, is die lyk van me. Brenda Mouton-Smith Sondag 1 Januarie onder 'n brug in Khomasdal gevind. Sy en haar kêrel het onder die brug gebly en hy is intussen deur die polisie in hegtenis geneem.

Verder is 'n man by die Engen-diensstasie in Academia deur vyf petroljoggies met stokke aangerand nadat hy glo versuim het om vir 'n tenk petrol te betaal. Die voorval het op 30 Desember plaasgevind en die man het 'n saak van aanranding teen die vyf mans aanhangig gemaak.

'n Vrou (28) is glo deur haar kêrel op 1 Januarie verkrag terwyl hy haar met 'n mes gedreig het. Die voorval het naby 7de Laan in Otjomuise in 'n rivierloop plaasgevind. 'n Inwoners het haar hoor gil en tot haar redding gekom. Die man is nog op vrye voet en word deur die polisie gesoek.

Woensdag is 'n 19-jarige vrou glo deur drie mans in 'n rivierloop in Etetewe­straat verkrag. Hulle het haar glo daarna na 'n huis toe gesleep en wéér verkrag. Een van die verdagtes is in hegtenis geneem terwyl twee nog deur die polisie gesoek word.

Die stadspolisie versoek die publiek om verdagte mense of optrede aan te meld deur 061 302 302 te skakel, 'n SMS na 4444 te stuur of dit by die naaste polisiekantoor aan te meld.

Soortgelyk

 

Huis brand op Bethanie

5 ure gelede | Ongelukke

'n Huis in die Riverside-woonbuurt op Bethanie in die //Kharasstreek het aan die brand geslaan. Rookwolke het hemelhoog gestaan, het 'n leser via WhatsApp laat...

Verdrinkingsaak: Dagmoeder skuldig

18 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw - 'n Vrou in wie se sorg 'n 11 maande oue baba vier jaar gelede in Pionierspark verdrink het, is gister in...

Bakkie rol by vulstasie

18 ure gelede | Ongelukke

Jessica Botes - Die bestuurder van 'n enkelkajuitbakkie wat Sondagoggend op Walvisbaai gerol en byna op 'n brandstofpomp te lande gekom het, is in hegtenis...

Damvlakke aan die styg

18 ure gelede | Weer

Tanja Bause - Die Von Bachdam buite Okahandja het verlede week invloei van meer as 3% gekry en die dam is tans 15.5% vol. In...

Rundu-ongeluk: Vier sterf, vyf beseer

18 ure gelede | Ongelukke

Saterdag het vier mense in 'n ongeluk 15 km buite Rundu gesterf en vyf is beseer. 'n Bakkie en 'n vragmotor het gebots nadat die...

Weer vir 17 Januarie 2017

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie warm tot bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm wees...

Weer vir 16 Januarie 2017

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm oor die suidelike helfte. Elders sal dit warm tot baie warm wees met enkele donderbuie, maar...

'Onderwysstelsel grootste oorsaak van werkloosheid, misdaad'

18 ure gelede | Onderwys

Estelle de Bruyn - Die Namibiese onderwysstelsel is nog vér van die verwesenli­king van sy gestelde doelwitte van gelykheid en gehalte in onderrig.So sê die...

Omgewingsgroep besoek Chinese ambassade

18 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - 'n Sterk-bewoorde brief van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) wat op 21 Desember aan die Chinese ambassadeur oorhandig is, het...