In-, uitvoere deur Transnet-krisis geraak
In-, uitvoere deur Transnet-krisis geraak

In-, uitvoere deur Transnet-krisis geraak

’n Suid-Afrikaanse vervoerkenner meen ander Afrikalande se hawens kan by die hawe-chaos in die buurland baat.
Sanet de Waal
Ronelle Rademeyer – Die sabotering van Transnet in Suid-Afrika het die afgelope week die in- en uitvoer van goedere met skeepsvrag tussen Namibië en dié buurland lamgelê.

Dit beteken hierdie goedere moet nou per pad vervoer word, wat baie duurder is, sê mnr. Elias Mwenyo, bestuurder van sakeontwikkeling by Namport op Walvisbaai.

Hy het by navraag gereageer op vrae oor wat die impak van die kuberaanval verlede Donderdag op Transnet se sekuriteitstelsels, op plaaslike in- en uitvoere is.

Transnet moes ’n force majeure (gedwonge staking van bedrywighede) by sy vraghouerterminale verklaar en vragskepe wat na die hawens by Kaapstad, Durban, Gqeberha (Port Elizabeth) of Ngqura (Oos-Londen) onderweg was, kon nie vrag op of aflaai nie.

Volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media het hierdie skepe na die hawens van Maputo en Beira in Mosambiek, asook Walvisbaai aan die Namibiese kus uitgewyk.

Mwenyo sê dit is te gou vir skepe wat voor Kaapstad op anker gelê het en weens die gebeure besluit het om die dienste van ’n ander hawe te gebruik, om al by Walvisbaai aan te kom.

“Ons is onderling verbind met die Suid-Afrikaanse hawens en wat daar gebeur, raak ons. Dit kan wees dat van hierdie skepe die vraghouers wat vir Suid-Afrika bestem was, by Walvisbaai sal aflaai en dit weer op pad terug van hul roete langs Afrika se weskus, sal oplaai.

“Die skepe kan natuurlik ook verbyvaar en ander Wes-Afrikaanse hawens eerste besoek,” sê hy.

Volgens Mwenyo is dit so dat van die vragskepe van Durban na Maputo uitgewyk het, en reeds daar aangekom het. “Maputo is natuurlik nader aan Durban as wat Walvisbaai aan Kaapstad is,” sê hy.

Hy kon nie sê hoe groot die impak op in- en uitvoere tussen Namibië en Suid-Afrika is nie.

Transnet het intussen gister begin om sy bedrywighede by hawens weer te vervat ná vragdokumente die afgelope week met die hand verwerk is om ’n vloei van goedere te probeer bewerkstellig.

Mnr. Gavin Kelly, uitvoerende hoof van die Padvervoervereniging (RFA) in Suid-Afrika, het aan Netwerk24 gesê dié gebeure het hawens in dié buurland ’n ernstige knou gegee.

“Hulle (skepe) gaan nie vir altyd buite die hawens sit en wag nie. Hulle sal na hawens in ander lande vaar.

“’n Mens kan nie ’n week lank alle handel van ’n land tot stilstand bring sonder ernstige gevolge nie,” het hy gesê.

Kelly meen maatskappye wat goedere na die vasteland bring, sal nou ernstig begin kyk na hawens in van die ander Afrikalande.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!