In sak en as ná brand
’n Inwoner van die Okahandjapark-woonbuurt in die hoofstad se huis het sowat twee weke gelede ’n ashoop geword waarby sy daagliks waak.
Volgens me. Kristina Kim (58) het sy en haar seun die oggend van die brand wat hul huis verwoes het omstreeks 05:00 werk toe gegaan. Haar seun het glo vergeet om ’n kers se vlam te blus en volgens Kim is dít wat die brand veroorsaak het.
“Net toe ek by die werk kom, het my skoondogter gebel en ek het gewonder hoekom soek die mense my so vroeg,” het Kim gesê.
“Toe ek die foon antwoord, het die persoon gesê: ‘Ouma, jou huis lê, alles het uitgebrand, daar is niks oor nie.’,” het Kim gesê.
“Ek het baie gehuil en die Here gevra wat ek gesondig het dat Hy vir my met die brand gestraf het.”
Kim het gesê ná dié boodskap het sy besluit om klaar te werk en met die geld wat sy vir die dag verdien het, het sy brood vir haar familie vir aandete gekoop.
Sy het voorts vertel toe sy met die taxi by die huis kom, het sy in die puin gaan sit en nie geweet wat om te doen nie.
“Ek het baie gehuil. Ek voel magteloos,” het sy gesê.
“Alles het uitgebrand - selfs ons koopwaterbewys. Die hartseerste is my hond het ook in die brand verkool. Waar moet ek begin?” het sy gevra.
“Ouma Kim” soos sy onder haar gemeenskap bekend staan, het geen ander heenkome nie en waak steeds daagliks oor die ashoop. Sy het geen ander opsie nie, sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie