In die middel.

16 June 2017 | Kuns en vermaak
Nou die dag bevind ek myself in die middestad se middel.

Daar waar dit baie gevaarlik en vuil is. Ek soek toe die naaste coffee shop om asem te skep. En te voel of al my goed nog by my is. Deesdae beroof hulle mos vir jou sonder dat jy dit weet. Jy dink hy kom leen net jou lighter en dan, vanaand as jy jou beursie soek, is hy al anderkant die grens.

Die coffee shop is nice. Hy sit op ’n hoek in ’n lang, donker stegie. Dit gons van toeriste, mense wat airtime verkoop en klerewinkels wat fake Nike Airs op special het. Ek is bang, of eerder op my hoede, maar geniet dit om die mense vanuit die coffee shop te bekyk.

Ek kan mos vir ure sit en staar. Ek en my ma het al op ’n Sondag, as ons niks het om te doen nie, lughawe toe gery en die reisigers gaan dophou. As die parkering nie so waansinnig duur was nie, sou ons dit maklik op ’n daaglikse basis kon doen. Ek bestel toe ’n koffie, my vierde een vir die dag, om net oor die ergste angs te kom. Maar dit lyk alles te onbekend om gemaklik te raak. Die dame wat tot my diens daar was, het vir my gesê ek hoef nie so om my te kyk die heeltyd nie.

“Dit is veilig hier, dit lyk maar net so scary. Om ons is ’n klomp baie nice plekke. En die mense is baie gaaf, hulle sal jou niks maak nie,” voeg sy by.

“Ek bewe maar so van die koffie. Ek is eintlik oukei,” sê ek.

Ek het my koffie gedrink en haar weer geroep.

“Ek wil graag betaal. Ek sal heeldag hier kan sit, maar ek het baie om te doen,” sê ek.

Ek het betaal en my sak se handvatsels soos ’n slang om my linkerpols gedraai. Niemand sal hom kan gryp nie. Ek was amper by my motor toe ek in ’n advertensiebordjie op die sypaadjie vasloop.

“SPECIAL. HAIR CUT. ONLY 40.” staan in groot, bonkige blokletters op die bord.

Ek dink, maar jy moet mos juis bietjie die kapsel aan die kant maak, want die mense ken mos nou vir jou, Lloyd. Ek is in by die winkel. ’n Man met ’n pikswart tuxedo groet my met die hand. Sy hande is yskoud. Ek ruik babapoeier. Baie ook.

“Howzit, my bra?” vra hy.

“I am fine. How are you?” vra ek.

“All good, my brother. Do you want a snazzy haircut? You can get all the ladies?” sê hy.

Hoe weet die ou wat snazzy beteken? Ek is beïndruk. Daarmee gooi hy ’n handdoek oor my skouers en loop met my soos iemand wat bietjie gekuier is tot by ’n stoel. Nou sit ek voor ’n spieël wat in vier stukke is. Dit is teen my beginsels. My ma het ons geleer om nie met vreemde mense te gesels nie. Nog minder as hulle vir jou iets wil gee. Veral nie in Windhoek se gevaarlikste area nie.

Sowat 33 minute later is die man klaar met my. Maar ek sit nog. Ek hou van sy geselskap. Ons praat ’n hond uit ’n bos uit. Oor alles. Van sy vrou en sy nuwe skoene tot my bure se honde wat allergies is vir reën. Ek besluit toe sommer hy is nou my vriend.

In die kar besef ek iets. Ons is nie bang vir die boewe nie, maar eerder vir die onbekende.

Soortgelyk

 

Briedenhann - Suider-Afrika se teler van die jaar

5 ure gelede | Landbou

Die bekende Namibiese Bonsmara-teler van Hartebeestloop, Joggie Briedenhann, is tydens die Aldam Stockman-skool aangewys as die Landbouweekblad/Breedplan Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar 2017. Foto Facebook.

Chinees van dieremishandeling aangekla

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Klag van dieremishandeling is deur die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Windhoek teen die eienaar van 'n Chinese konstruksiemaatskappy, Orient Dragon Construction (ODC),...

'Moenie in Kavango visvang'

16 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Weens die uitbreking van miltsiekte in die Bwabwata Nasionale Park word die publiek gewaarsku om nie in die Kavangorivier vis te vang,...

Emotional intelligence = higher salary?

16 ure gelede | Onderwys

While IQ remains a very strong predictor of career success, research suggests that people with high emotional intelligence (EI) are more likely to have higher...

Nou aan die gang

16 ure gelede | Kuns en vermaak

» Namkid, in samewerking met die FNCC, bied met trots die Sosiale Splash-veldtog aan. Hierdie veldtog fokus daarop om Namibiërs te verenig en om saam...

Analysing the finance industry

16 ure gelede | Onderwys

Shona NgavaAgapitus Ipinge is an Investment Banking Analyst from Standard Bank, as a prerequisite is to make sure that he talks to company executives and...

NSFAF-begroting geblaas

16 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig - Me. Erica Shafudah, permanente sekretaris van finansies, sê die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) het reeds met dié week se beskikbaarstelling...

Weer vir 20 Oktober 2017

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Dit sal koel in die /Kharasstreek in die oggend wees. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste met enkele donderbuie...

What Soft Skills Do PR Specialists Need?

16 ure gelede | Onderwys

Those who want to work as public relations specialists should have these soft skills, which are attributes one is either born with or gains through...