In beeld: Jongste coronadata
In beeld: Jongste coronadata

In beeld: Jongste coronadata

Dani Booysen
Windhoek sal na alle waarskynlikheid môre die 12 000-merk verbysteek in die totale aantal gevalle van Covid-19 wat sedert Maart 2020 in Namibië se hoofstad aangeteken is.
Meer as 450 nuwe gevalle is vandag bevestig ná ‘n insinking in toetsing op Nuwejaarsdag.
Uit die 462 gevalle het 56% reeds simptome getoon. ‘n Totaal van 177 (38%) is kontakte van reeds bevestigde gevalle.
Weens ‘n toename in gevalle onder vroue het die geslagsbalans onder positiewe gevalle met een persent verander na 51% onder mans en 49% onder vroue.
Nadat Republikein reeds vroeër die week die toename in positiewe toetse onder bejaardes gerapporteer het, het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ook vandag sy kommer oor die tendens uitgespreek. Die toename in gevalle onder persone wat 60 jaar of ouer is, kom volgens die ministerie veral in die Noorde voor.
Geen nuwe syfers is vandag opnuut verstrek oor positiewe gevalle onder gesondheidswerkers nie.
Twee nuwe sterftes is gerapporteer, beide op 2 Januarie 2021. Die een geval is ‘n man van 60 jaar in die Karasburg-distrik met geen ander siektes nie. In die Keetmanshoop-distrik is die heengaan van ‘n 51-jarige vrou ook aan Covid-19 toegeskryf. Sy het wel ander siektes onder lede gehad.
Die land se hospitale het teen Saterdag steeds 261 gevalle van Covid-19 behandel. Van hulle was 41 in die ICU.
Saterdag is net 18 mense onder kwarantyn geplaas en 147 mense is uit kwarantyn ontslaan.
Die Oshakati-distrik, wat Ongwediva en Ondangwa insluit, het nou meer as 1 400 gevalle. Rehoboth het die 600-kerf verbygesteek, Mariental het dusver reeds meer as 400 gevalle aangeteken, Grootfontein meer as 100 en Okahao meer as 30.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!