In antwoord op 'NEEEF leef'
GEEN BREIN SKRYF:
John Fredericks
Dankie vir ’n “volbrein”-brokkie. Ek weet nie of ’n mens dit insig kan noem nie.
As ’n mens net een breinsel van ’n halwe brein inspan, sal jy weet dat bitter min van dit wat gegee word en nie verdien word nie, waardeer, versorg of bewaar word.
Kyk om jou rond en sien tienjariges op straathoeke staan en bedel, in skooltyd, en dit na sewe-en-twintig jaar. Wat gaan jy hierdie breine noem oor tien tot vyftien jaar?
Daar is net een manier: “Learn to know, to be, to earn, to have.”
Peter Tosh sing: “A hungry man is an angry man.”
Die waarheid is ook: “A lazy man is a hungry man.”
Jy reken ondernemings se winste moet aan werkers bemaak word. Moet volgende jaar se verliese ook aan werkers bemaak word?
Geen wetgewing of geskenkies kan armoede aanspreek nie. “If it's to be, it's up to me." - Willian H. Johnsen.
Om te beskuldig, bring niemand nêrens nie; nie met ’n vol of halwe brein nie.
Kyk oor grense heen en sien, of wonder, waarom diegene wat “gevlug” het, letterlik vergoed word om terug te keer. Soveel so vir “brain drain” en “brain gain”.
Gebruik die verkeerd van die verlede, pas dit toe in die hede en verwag wonders vir die toekoms?
OF
Kom ons leer uit die verlede, doen wat reg is in die hede en kweek halwe- en heelbrein wonders vir die toekoms.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie